Friday, March 30, 2012

Superspar sny self gras ná klagtes

Monique Basson
Kouga Express, 29 Maart 2012

Elliot Bhadi en Johannes Niwa van SuperSpar het die bekende winkelrakke vir ’n tamaai grassnyer en randsnyer verruil en gaan voortaan op ’n gereelde basis die sypaadjies in Da Gamaweg sny.
Foto: Monique Basson

DIE lang gras, wat menige stapper en drawwer se oefenroetine sedert einde verlede jaar pootjie, is uiteindelik iets van die verlede.

Nie net was dié hoë gras in Da Gamaweg ’n hindernisbaan vir diegene nie, maar dit het ook inwoners en vakansiegangers behoorlik die harnas in gejaag.

Die eienaar van SuperSpar in Jeffreysbaai, JP Venter, het verlede Dinsdag self ingespring en die gras op die sypaadjies in Da Gamaweg laat sny omdat die munisipalteit nie daarby uitkom nie.

Volgens Venter het die munisipaliteit die gras verlede jaar November laas gesny.

Venter het twee van sy getroue werkers, Elliot Bhadi en Johannes Niwa, toegerus met ’n industriële grassnyer en randsnyer, en die twee sal nou op ’n gereelde basis die gras in Da Gamaweg sny. Klik hier om verder te lees.

No comments:

Post a Comment