Tuesday, March 13, 2012

Munisipaliteite moet fyn sny vir kragtarief

Antoinette Slabbert
Sake24, 13 Maart 2012

Munisipaliteite sal sukkel om die styging in munisipale kragtariewe tot 11,03% te beperk. Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se somme is te konserwatief, sê die munisipale konsultant adv. Werner Zybrands.

Nersa het verlede week bekend gemaak dat die gemiddelde styging in elektrisiteitstariewe nie meer 25,9% is soos vroeër goedgekeur nie, maar 16%. Die verhoging van die prys waarteen Eskom krag aan munisipaliteite verkoop, is dus hersien van 26,06% tot 13,5%.Nersa het ’n riglyn vir munisipaliteite gestel dat hulle die tarief waarteen hulle die krag aan verbruikers herverkoop, nie met meer as 11,03% mag verhoog nie.

Munisipaliteite moet steeds elkeen by Nersa aansoek doen om die goedkeuring van hul nuwe kragtariewe. Dié wat afwyk van die riglyn van 11,03%, sal baie mooi moet verduidelik, sê mnr. Charles Hlebela, Nersa-woordvoerder. Hulle sal deeglik moet motiveer waarvoor hulle die ekstra geld nodig het, die geld eenkant moet hou sodat dit nie vir ander goed gebruik word nie en elke ses maande aan Nersa verslag moet doen oor hoe die geld aangewend is.

As die geld nie gebruik word vir dít waarvoor dit goedgekeur is nie, sal dit in die volgende jaar se prysvasstelling teruggeskryf word, wat beteken Nersa sal die “skuldige” munisipaliteit dan ’n kleiner verhoging in kragtariewe toelaat. Klik hier om verder te lees.

No comments:

Post a Comment