Thursday, March 29, 2012

Geen wysigings aan Grondwet?

RSG-nuusbulletin, 06:00, 29 Maart 2012

Die Minister in die Presidensie, Trevor Manuel, sê Suid-Afrikaners behoort nooit veranderings en wysigings aan die Grondwet te vrees nie.

Hy het in Soweto gesê 'n lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, Cyril Ramaphosa, het onlangs 'n belangrike punt gemaak toe hy gesê het die Grondwet is veilig.

Die DA se Jeugvleuel het vroeër die week 'n sitstaking by Konstitusie-heuwel in Johannesburg gehou, en 'n plakkaat onthul waarop die Grondwet verbrand word. Klik hier om plakkaat te besigtig.

Volgens die DA se Jeugleier, Makashule Gana, was die sitstaking en plakkaat daarop gemik om die huidige bedreigings teen die Grondwet uit te lig.

No comments:

Post a Comment