Saturday, May 5, 2012

DA van die Kouga kommunikeer beter

Barry Vosloo

Die Demokratiese Alliansie van die Kouga verdien ‘n klop op die skouer omdat kommunikasie met hulle ondersteuners aansienlik verbeter het.

Die afgelope twee maande of wat het DA-raadslede elke week blootstelling in die plaaslike media ontvang. Hierbenewens het hulle ‘n facebook-blad (klik op http://www.facebook.com/pages/Democratic-Alliance-Kouga/228597353852511) van stapel gestuur en ‘n blog (klik op http://kougademocrat.com/) die lig laat sien. Laasgenoemde bevat selfs soms Afrikaanstalige berigte, alhoewel die taalversorsing daarvan nie te waffers is nie.

The Courier - Die Koerier vermoed dat plaaslike DA-ondersteuners vir die eerste keer voel dat die Demokratiese Alliansie van die Kouga hulle reg op moeitelose toegang tot geloofwaardige plaaslike DA-nuus respekteer