Doel

Inleiding
Die Koerier word as ‘n onafhanklike politieke webjoernaal bedryf.

Wat is 'n politieke blog?
‘n Oud-joernalis en tans ‘n inwoner van Jeffreysbaai, Japie Bosch, het die volgende te sê oor ‘n politieke webjoernaal: “‘n Webjoernaal van hierdie aard is niks anders nie as ‘n mini-koerant. Dit [skep] die geleentheid tot openbare debat.  Die moderne politiek leen hom daartoe.  Dit bied gedagtewisseling.  Dis gesond.  Dit bied wedersydse kontak tussen die kiesers en politici.”

Wat is die doel van Die Koerier?
Eerstens beoog dit om aan sy lesers 'n verskeidenheid plaaslike politieke nuus te bring.

Tweedens span Die Koerier sy net wyer om politieke webtuistes, nuusblaaie en nuusagentskappe elders in die land in te sluit.

Hierbenewens sal lesers aangemoedig word om die webjoernaal as ‘n platform vir hulle eie politieke menings te gebruik.

Die Koerier ondersteun die politieke ideologie van die Demokratiese Alliansie, maar weier om 'n klakkelose naprater en ja-broer te wees. As die DA dus kritiek verdien sal hierdie webjoernaal nie huiwer om standpunt in te neem nie.

Wie behartig die blog?
Die Koerier word deur dr. Barry Vosloo van Jeffreysbaai behartig. Sy kontakbesonderhede is Posbus 436, Jeffreysbaai 6330; Telefoon: 042 296 2187; Sel: 082 351 2444; Faks: 0865412616; E-pos: vosloobj@telkomsa.net.