Saturday, May 5, 2012

DA van die Kouga kommunikeer beter

Barry Vosloo

Die Demokratiese Alliansie van die Kouga verdien ‘n klop op die skouer omdat kommunikasie met hulle ondersteuners aansienlik verbeter het.

Die afgelope twee maande of wat het DA-raadslede elke week blootstelling in die plaaslike media ontvang. Hierbenewens het hulle ‘n facebook-blad (klik op http://www.facebook.com/pages/Democratic-Alliance-Kouga/228597353852511) van stapel gestuur en ‘n blog (klik op http://kougademocrat.com/) die lig laat sien. Laasgenoemde bevat selfs soms Afrikaanstalige berigte, alhoewel die taalversorsing daarvan nie te waffers is nie.

The Courier - Die Koerier vermoed dat plaaslike DA-ondersteuners vir die eerste keer voel dat die Demokratiese Alliansie van die Kouga hulle reg op moeitelose toegang tot geloofwaardige plaaslike DA-nuus respekteer

Friday, April 13, 2012

Kouga DA stuur sy eie blog van stapel

Barry Vosloo

Die Kouga DA het sy ondersteuners uitgenooi om op die hoogte van die jongste DA-nuus in die Kouga te bly deur op hulle spiksplinternuwe blog in te teken. Klik hier en kyk self.

The Courier – Die Koerier sê met gróót genoegdoening: uiteindelik en welgedaan!  

Die “ hou jou mond “-vergadering

Ludwig Vorster van Jeffreysbaai skryf soos volg

“Tydens die openbare draft budget-vergadering op 11 April in die Newtonsaal, is ‘n lid van die publiek deur die voorsitter, burgermeester Booi Koerat  die woorde “hou jou mond” toegesnou. Dis duidelik dat dié uitdrukking deel van sy algemene gebruikswoordeskat is wanneer hy met die publiek of met jou kinders of met gewone mense praat wat ‘n vergadering bywoon.

Volgens mnr. Koerat en ene mnr. Stuurman was dit nie vir hom nodig om verskoning te vra vir sy woordkeuse nie.

Toe is die rassekaart ook nog gespeel. Koerat het beweer dat witmense neersien op die huidige party wat die meerderheid in die Kouga-raad vorm.

Die persoon wat sy “ mond moet hou “  het toe ook summier die saal verlaat.

Die voorsitter van die Jeffreysbaai-inwonersvereniging, Paul Hjul, het ook beswaar gemaak omdat Koerat se adjudant die vergadering wou oorneem en namens die voorsitter praat. Hy het ook uitgevaar oor die swak organisasie van die vergadering gekenmerk het.

Hierop het die voorsitter hom (Hjul) die leviete voorgelees en mooi laat verstaan hoe sy gedrag op ‘n vergadering behoort te wees. Die voorsitter het beswaar gemaak oor Hjul se “hoë” Engels en die feit dat hy só vinnig praat dat niemand hom kon verstaan nie. Vervolgens het die voorsitter weer eens die rassekaart gespeel.

Myns insiens het die voorsitter en sy adjudant hulle onwaardig en aggressief gedra. Dit was galbrakery op sy beste.

Dit is jammer dat  diegene wat die vergadering bygewoon het nie ‘n mosie van wantroue in die voorsitter ingestel het nie. Jeffreysbaaiers verwag beter gedrag van diegene wie se salarisse hulle betaal.

Dit was ‘n karige, onbevredigende en swakbeplande IDP en Begroting wat ter tafel gelê is, vol wensdenkery en grootdoenerigheid. Dit sal baie interessant wees om te sien wat die Ouditeur-Generaal met sy volgende jaarverslag bevind.”

Thursday, April 12, 2012

Local DA councillor acclaimed

Barry Vosloo

Clr. David Aldendorff
Click here to view picture.

According to local gossip, Clr. David Aldendorff is one of the most hardworking DA councillors in the Kouga. For example, it is said that he regularly visits his constituents.

Aldendorff would not confirm or deny rumours in this regard.

However, Aldendorff’s Ward 8 DA branch in upper Wavecrest, Jeffreys Bay, was named as the best in the Eastern Cape at the recent DA provincial congress in Grahamstown.

Clr. Aldendorff was acclaimed as the driving force behind the identification of new voters. He not only made sure that they were registered to vote, but also that they cast their vote in the municipal election of May 2011.

Consequently, more than 80% of the voters in Ward 8 turned up and the DA received 92% of all votes cast.

When The Courier – Die Koerier congratulated him on his achievement, he modestly pointed out that it was a team effort. He said that his branch committee worked very hard to achieve the results.

Adjunkminister waarsku teen nasionalisering

Die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge, Marius Fransman, het 'n beroep op die land se jeug gedoen om vaardighede te bekom om produktief te raak, omdat nasionalisering nie hulle ekonomiese probleme gaan oplos nie.

Fransman het gisteraand (11 April) in Khayelitsha en Mitchell's Plain skoolbeheerligame toegespreek. Hy het die sowat drie-miljoen werklose jeugdiges tussen 16- en 24-jaar gemaan om nie die waarde van vaardighede te onderskat nie. Fransman sê jongmense moenie dink hulle hoef nie werk of vaardighede te hê nie. Die land het 'n produktiewe gemeenskap nodig en daarvoor is vaardighede noodsaaklik.

Hy het gesê een of ander beleid soos nasionalisering sal nie hul probleme oplos nie.

Wednesday, April 11, 2012

Hoe sou Hani vandag oor die ANC voel?


Hoofartikel
Die Burger, 11 April 2012

Hoe anders is die Suid-Afrika wat op die randjie van ’n rasse-oorlog was toe Chris Hani op 10 April 1993 deur twee regses vermoor is, nie in vergelyking met vandag se ANC nie.

Mnr. Nelson Mandela het destyds die kruitvat ontlont met sy versoenende boodskap.

Vandag is die ANC ’n skaduwee van wat hy destyds was. Van die morele leierskap van ’n Mandela is min teken.

Trouens, Hani – wat nou deur die ANC verheerlik word – sou bes moontlik sy kop in skaamte laat sak het vir die optrede van heelparty ANC-leiers in hoë posisies.

Klik hier om meer te lees.

Local DA politicians receive awards


DURING its Eastern Cape’s provincial congress, the Democratic Alliance honoured three local politicians.

On the left is Clr. David Aldendorff who guided Ward 8 (Jeffreys Bay) to become the best DA branch in the Eastern Cape. Next to him is local MP, Elza van Lingen, who was honoured for her commitment to the DA and structures of the party. Next to her is Heneke Swanepoel from Koukamma. The best performing ward councillor in the Eastern Cape is Clr. Freddie Kamfer (right), who was instrumental in winning Ward 4 (Humansdorp) for the DA by ousting the incumbent ANC counsellor.

[Information kindly provided by Cindy Liebenberg, Our Times, 11 April 2012.]