Friday, February 24, 2012

Nuwe munisipale bestuurder

Japie Bosch

Die Kouga-munisipaliteit gaan volgende week mnr Sydney Fadi as sy nuwe munisipale bestuurder aanstel.  ‘n Item  in dié verband dien Woensdag, 29 Februarie 2012 voor ‘n spesiale raadsvergadering.

Dié pos  het verlede jaar vakant geraak ná ‘n geskil tussen die raad en die vorige munisipale bestuurder, dr Eddie Rankwana.  Hy het bedank en die raad se diens met ‘n goue handdruk verlaat.

Soek sélf inligting - DA

Japie Bosch

“Wat ‘n gemors van ‘n gemors van ‘n gemors”.

Dié woorde van oom Zak van Staal Burger-faam is toepaslik op Woensdagaand se Algemene Jaarvergadering van die Jeffreysbaaise Inwonersvereniging in die Newtonsaal.

Eers het die vergadering 25 minute laat begin, omdat die (on)verantwoordelike munisipale amptenaar die saal laat oopgesluit het.  Die res van die vergadering het dié vals toon behou.

Gasspreker

·      Gasspreker Elza van Lingen het haar gehoor hopeloos verkeerd gelees en die vereniging se byeenkoms gebruik om ‘n politieke toespraak  te maak.  Dié DA-leier in die Nasionale Raad van Provinsies het weining vertel wat die belastingbetalers hoop gegee het oor die agteruitgang van die munisipaliteit.
·      Van Lingen het, ter aanvang, gesê:  “dis hoogtyd dat ons mekaar in die oë kyk en sê wat gesê moet word”.   Uiteindelik het net sy gesê.   Sy het voorgestel dat mense wat ingelig wil wees en vrae het raadsvergaderings, wykskomitee-vergaderings en DA-takvergaderings moet bywoon of hul raadslede bel.
·       In haar toespraak  het sy belowe om ‘n “feesmaal” van die ANC in Kouga se onbevoegdhede op te dis.  Helaas.  Van Lingen se “onthullings” was gerapporteerde ou nuus. 
·      Die waarnemende voorsitter, Gustav Barnard, het Van Lingen ná 50 minute se praat gevra dat sy moet klaarkry.  Sy het nog vyf minute aangehou.  In sy bedanking aan Van Lingen het hy haar, vies-vies, laat verstaan dat die vereniging plek vir ondersteuners van alle politieke partye het.  Hy het, tereg, te kenne gegee dat sy haar toespraak op die verkeerde plek gelewer het.
·      Hierna het Van Lingen en vyf van die ses teenwoordige DA-raadslede die saal verlaat.  Hulle was Nico Botha, Mercia Ungerer, Danny Benson, Brenton Williams en Henda Thiart.  Net raadslid Dave Aldendorff  het agtergebly.  Hulle het die gehoor nie die geleentheid gegun om vrae aan hulle te stel nie. 

Die vereniging

·      Met die verkiesing van ‘n nuwe bestuur is die vereniging feitlik ontman vanweë ‘n gebrek aan  belangstelling.  Trevor Watkins het hom nie weer as voorsitter beskikbaar gestel nie.  (Sy vrou is vroeër die oggend oorlede.)  Onder-voorsitter, Gustav, en ‘n paar ander, was nie weer as komiteelede besklikbaar nie.  
·      Ná ‘n gesukkel om ‘n nuwe voorsitter te kry, was daar net vyf inwoners uit ‘n gehoor van sowat 100 wat beskikbaar was om die tien poste te vul.  In wese bestaan hierdie bestuur nie, want íngevolge sy grondwet, benodig hulle ses lede om ‘n kworum te vorm om vergaderings te hou.

Thursday, February 23, 2012

Uitgeskopte burgemeester kry pos in Bisho

Robbie Dennis, uitgeskopte burgemeester van Kouga, het glo werk gekry by die Behuisingsafdeling van die Oos-Kaapse Wetgewer in Bisho.

Dié storie het Elza van Lingen, DA-leier van die Nasionale Raad van Provinsies, gisteraand by die jaarvergadering van die Jeffreysbaaise Inwonersvereniging vertel.

Tuesday, February 21, 2012

Kolskoot!

Raadslid Danny Benson skryf:
“Die 2uur werk van 'n DA  Raadslid waarna verwys word in die Koerier 17 Feb 2012 [klik hier om die berig te lees] is n misinterpretasie van feite. Ek Danny Benson het die onderhoud in Desember 2011 gehad en kan gekontak word by 0737664816 om die ware weergawe of feite te kry.”
[Nou toe nou! Ons word tóg in hogere kringe gelees. Nee wat, raadslid Benson, gee u maar vir die mense van Kouga die “regte” feite. Ons sal dit met groot graagte plaas - The Courier – Die Koerier]

Lees as jy wil saampraat

Japie Bosch

‘n Munisipale raadslid se werk is meer kompleks as wat dit op die oog af voorkom.  Dit verg heelwat leeswerk en begrip om te weet wat hulle moet doen, nie alleen deur die raadslede nie, maar ook deur diegene wat oor munisipale sake wil saampraat.

Ludwig Vorster vra vroeër op hierdie blog:  “Is daar ‘n pligstaat wat bepaal wat raadslede se werklike pligte is en hoeveel tyd is hul veronderstel om te wy aan die kiesers/inwoners in hul betrokke wyke om werklik sy aanstelling en salaris  te regverdig?”

As ‘n mens ‘n bietjie hier en daar Google (Fanus het gepraat van “Goegeloer”) blyk dit dat die antwoord nie eenvoudig is nie.  Hoeveel tyd hulle aan wat moet bestee, sal deur diskresie bepaal word.

Raadslede se funksies word bepaal deur die Wet op Munisipale Strukture. Klik hier.

Hierdie wet maak vir ‘n gedragskode voorsiening. Klik hier.

Die South African Local Government Association (SALGA) het’n Handbook for Municipal Coucillors saamgestel. Klik hier.  (As jou rekenaar vra in watter program hy dit moet oopmaak, klik op Adobe Reader.)

Daar is ook ‘n (ou) Handbook for Ward Committees. Klik hier.

Daarby het die DA se eie pligstaat vir raadslede. Klik hier.

Uit voorgaande is dit duidelik dat  heelwat vereistes aan raadslede gestel word.  In die praktyk kom dit daarop neer dat hulle drie base het – wetgewing (alias die regering), die kiesers en hul politieke party.

Besonderhede oor plaaslike raadslede se verdienstepakkete het op 11 Januarie op hierdie blog verskyn.  Klik hier.

Op die vraag of raadslede dit werklik verdien, is my mening ongetwyfeld “ja, selfs meer”, op voorwaarde dat hulle bekwaam genoeg is en hul pligte uitvoer, soos voorgeskryf.  Indien nie, is die antwoord vanselfsprekend.  In Kouga sal min raadslede my “ja” kry.

Inwoners, wykskomiteelede, inwoners- en belastingbetalerverenigings het, nes raadslede, ‘n plig om hulle van die inhoud van voorgaande te vergewis.  Dit sal hulle in staat stel om realistiese eise aan hul raadslede te stel en ‘n bepaling te maak of hulle hul geld verdien.  Soos ‘n vriend sê:  “gooi hulle met die boek”. 

Poms have similar issues

It is not only Jeffreys Bay folk who often wonder what local town councillors do to earn the substantial salaries they are paid by local ratepayers.

 

In 2007, Dame Jane Roberts, the chairman of Britain’s Councillors Commission, spoke at a conference in England about the role councillors need to play in a healthy, vibrant local democracy. Click here to access an edited version of her speech.

Dame Jane started her address by pointing out what right-thinking Jeffreys Bay residents readily identify with: “I am a true believer in local government. I see a responsive and imaginative local government that can capture the respect of those that live and work in its patch.”


She continued with a few observations that are remarkably familiar to us in faraway Jeffreys Bay: “There is a lot of negativity towards councillors out there. Accusations of being ‘haughty’ and of losing their affinity for the communities that they represent, once elected, abound. There is [often] an enormous gulf between the views that councillors have of themselves and the perception of councillors by the general public.”

We do need to acknowledge though, that much of this may be unfair. We know that most of our councillors work incredibly hard and are deeply committed.

It was interesting to learn that only 5% of the English population claims to know a great deal about what their local council does; 27% a fair amount. So nearly 70% have little idea.

Then came the crunch. “Councillors,” she said, “simply do not pay sufficient attention to communicating with their constituents. Independent research showed that 20% did not consider informing residents to be a priority.”

The Courier – Die Koerier agrees with Dame Jane when she argued that “councillors have a basic task to help people feel able to influence what goes on in their locality. This may involve explaining to them how decisions came to be made and on what basis, but the way in which councillors communicate is absolutely key. They must recognise and embrace their role at the interface between representative and participative democracy.”

She concluded her address by quoting Professor Stephen Coleman who said,
“The challenge for democratic politicians is to be seen as ordinary enough to be representative, while extraordinary enough to be representatives.”

[The Courier – Die Kourier wishes to thank Japie Bosch for providing the link with Dame Jane’s speech. Bosch, a retired Johannesburg journalist who now lives in Jeffreys Bay, has clearly lost none of his ability to hunt down a good story.]

Monday, February 20, 2012

Red nou ‘n nasie …

Atri Carstens

Tydens die Munisipale raadsvergadering van 30 Januarie 2012, het enkele ontstellende sake aan die lig gekom.

Raadslid Vernon Stuurman het gesê dat die ANC geen begeerte het "to continue denying our financial situation". ‘n Welkome erkenning van die realiteit.

Heelwat nuwe raadslede het niks te doen gehad met die klaaglike finansiële posisie waarin die Kouga Munisipaliteit hom bevind nie, maar mnr. Stuurman wél. Hy, onder andere, was op die vorige Burgemeesterskomitee (volgens my die stert wat die hond swaai), die komitee onder wie se waak ons in hierdie gemors beland het.

Mnr. Stuurman sê sy volle ondersteuning aan die voorgelegde aangepaste begroting toe en ‘n debat volg.

Dr. Nico Botha (DA) vra wat gaan aan met die R26 miljoen se "land sales" wat nie gerealiseer het nie. Reeds in die verlede is daarop gewys dat moontlike inkomste uit die verkoop van grond nie beskou kan word as ‘n gegewe met die opstel van ‘n begroting nie.

En wat antwoord Stuurman? "It was a wish list. It [die inkomste uit grondverkope] did not realise." Hoe op aarde kan ‘n begroting opgestel word op grond van ‘n "wish list"?

Die opposisie teken beswaar aan teen die aangepaste begroting se sny van 48% (!) op instandhouding van infrastruktuur en wil hê die item moet terugverwys word na die Uitvoerende Burgemeester. Dit word geweier en gesê dat daar gevra sal word vir provinsiale en nasionale "intervention" as ‘n projek van die president onder sy eie voorsitterskap.

In dieselfde vergadering word ‘n verslag van die ouditeur-generaal voorgelê met verdoemende syfers oor onreëlmatige, vrugtelose en verkwiste uitgawes van miljoene der miljoene rand. Dus: daar is (weer eens) nie voldoende geld vir infrastuktuurinstandhouding nie, maar oor die wanbesteding van miljoene rande heers ‘n grafstilte.

Gepraat van infrastruktuur: volgens die munisipale woordvoerder is ons water veilig om te drink, maar ek sien telkemale rooi [lees modder] as my bondel wit wasgoed met bruin vlekke uit die wasmasjien kom!

Dr. Botha lewer kommentaar op "councillor allowances", waarop mnr. Stuurman wil weet waarom Botha dit uitsonder aangesien dit net ‘n klein deeltjie van die begroting uitmaak. Daarmee was die bespreking "finish en klaar".

En aan mnr. Phumzile Oliphant (ANC) vra ek: Wat het u bedoel toe u gesê het dat die "poorest of the poor" gewillig is "to sacrifice projects in their own wards" ter wille van die breër prentjie? Weet die armstes van die armes dat daar namens hulle gesê is dat projekte in hulle wyke opgeoffer sal word?

Dus: ‘n tekort van R26 miljoen word ligtelik afgemaak, miljoene rand is wanbestee, vrae oor raadslede se salarisse is ongewens, maar die armste van armes moet klaarblyklik projekte in hulle wyke opoffer om die Kouga Munisipaliteit uit die finansiële verknorsing te kry waarvoor die armes beslis nie verantwoordelik was nie.

Skande.

Kouga DA betree kuberruim

Barry Vosloo

The Courier – Die Koerier het onlangs toevallig verneem dat die Kouga DA in September 2011 ‘n facebook-blad in die lewe geroep het. Klik hier om toegang te verky.

Ter wille van tegnologies-gestremdes: facebook is ’n nuttige hulpmiddel om op ‘n onbeperkte skaal onmiddellik en herhaaldelik op ‘n een-tot-een-grondslag met ander mense in verbinding te tree. Dit maak die wêreld oop en deursigtig.

Kortom: die Kouga DA kan deur middel van facebook doeltreffend met die mense op grondvlak te kommunikeer.

The Courier – Die Koerier bespeur egter ‘n traagheid by die Kouga DA om die medium ten volle te benut. Alhoewel daar af en toe berigte op hulle facebook-blad verskyn, reageer hulle byvoorbeeld nie op kiesers se vrae nie.

Kom nou, Kouga DA.Trek die stoute skoene aan. Wys ‘n kommunikasiebeampte of twee of drie of meer aan wat tegnologies-straatwys is en práát met die volk.

The President’s woes

Isaac Mahlangu
Sunday Times LIVE, 18 February, 2012

From losing court cases to embarrassing appointments that were later overturned, here is a summary of some of his [President Zuma’s] recent woes:

October 2011: Judge Willem van der Merwe withdraws from the arms deal commission set up by Zuma, citing personal reasons. Judge Van der Merwe is the judge who acquitted Zuma on rape charges in 2006.

October 2011: A board of inquiry into suspended police boss Bheki Cele is also forced to be reshuffled. Judge Jake Moloi takes over from Judge Yvonne Mokgoro, who recused herself after it emerged she serves on the police service trust fund.

December 2011: The Supreme Court of Appeal rules that Zuma acted "irrationally" in appointing prosecutions chief Menzi Simelane. The SCA pronounces his appointment unconstitutional and invalid.

December 2011: Musical chairs within the NPA continues as Zuma appoints Advocate Nomgcobo Jiba as acting head of the Special Investigating Unit. Two weeks later, Zuma appoints Advocate Nomvula Mokhatla to this position. Jiba is moved to head the NPA.

December 2011: Zuma's former legal adviser Willem Heath resigns two weeks after taking the job as head of the SIU. Questions are raised over his appointment and Heath follows up with controversial statements about former president Thabo Mbeki.

February 2012: The corruption allegation against Zuma refuses to go away three years after the probe into him was dropped. The DA goes to the appeal to argue it has legal grounds to ask for a review of the decision in 2009 by the then acting national director of public prosecutions, Mokotedi Mpshe, to withdraw the charges. Click here to read more.

In OUR future you won't look twice

Justin Foxton
The Natal Mercury, 8 February 2012

Much has been written about the controversial DA Student Organisations poster campaign featuring a mixed race couple in a naked embrace.

However more interesting than the imagery was the strapline; "In our future you wouldn’t look twice". It seems to beg the question; what else can we expect to see in a future South Africa ruled by the Democratic Alliance?

If this campaign is a once off, then it will have done more harm than good, for if it stops here – having caused such a stir – it will entrench an image of the DA as a one trick pony concerned only with race. This is not to suggest that we don’t need campaigns that work to break down racial barriers and stereotypes. It’s just that the majority of the electorate – burnt and disillusioned - is going to need much more than this if they are going to vote at all let alone for the DA. So Ms Zille, Ms Mazibuko and others, here are some ideas for a follow up to this campaign that might do the trick.

How about a TV ad in which a secret camera reveals a politician turning down a bribe from a local businessman with the strap line; "In our future you wouldn’t look twice".

And what about a poster showing a peaceful street with clean grassy verges, children out riding bikes, parents (of all hues) chatting happily with one another and a conspicuous lack of razor wire, high walls and alarm beams.

dare the DA - and indeed all other political parties - to make some really big promises that are more than skin deep. I dare us to ignore them and create the future of this country ourselves. Click here to read more.

Sunday, February 19, 2012

Swak, DA, Swak

Japie Bosch


Die storie word vertel van 'n besope ou wat een aand in die begraafplaas van Piketberg aan die slaap geraak het. Iets het hom laat wakker skrik.  Hy was onder die indruk dat dit die Oordeelsdag is en dat die regverdiges uit hul grafte gaan opstaan. Toe hy oor die grafte heen kyk, sien hy hy is die enigste een wat opstaan.  Dis toe dat hy sê "Swak, Piketberg, Swak!"



Kouga se DA-raadslede kommunikeer nie met hul kiesers nie, want die DA-topstruktuur het nie vertroue in die oordeel van hul eie raadslede nie.

Die meeste DA-raadslede is groentjies in die politiek en ontbreek politieke afronding.

En voordat die ANC uit sy vel spring oor dié kritiek:  julle is in net so ‘n gemors.

Die probleem in die DA is die bekommernis dat daar voortvarende raadslede is wat al impulsiewe en ondeurdagte uitsprake gemaak het.  Nou word almal die swye opgelê.
Enersyds is dit verstaanbaar, omdat hulle skade kan aanrig.  Andersyds is dit ‘n vrotsige beleid dat selfs die senior DA-lede g’n sprak mag of wil sprook nie.  Waarheen is rekenpligtigheid?

Swak, DA, Swak!

Intussen trek die kiesers aan die kortste end.  Hul reg om deur hul raadslede  oor sake van die  Kouga-munisipaliteit ingelig te word en hul reg om vrae te vra, word hulle skandelik ontneem.  Dit nogal deur mense wat aldag lawaai maak oor deursigtigheid.

Swak, DA, Swak!

Die kiesers sien dit raak.  Hulle word moerig.  Nog nooit was Kouga in so ‘n benarde posisie soos nou.  Daarom wil hulle nou meer as ooit antwoorde hê.

Dis ‘n ou storie, maar dit moet weer gesê word:   dis nie die raadslede se munisipaliteit nie, dit behoort aan die mense wat hier bly.  Hierdie raadslede het voor 18 Mei verlede jaar aangebied om die inwoners te verteenwoordig.  As jy iemand verteenwoordig, gee jy hom tog terugvoering.  Dis nie net goeie maniere nie, dis ‘n kontrak.  Dis wat daardie kruisie op die stembrief beteken het.  Dit het g’n raadslid verhewe gemaak nie.

As dit so aangaan, sal dit die DA nog duur te staan kom.  Die gevolge sal mettertyd blyk.

Sedert die munisipale verkiesing nege maande gelede het nog nie ‘n enkele DA-raadslid op enige wyse  iets oor sy werk en kennis van wat in die munisipaliteit aangaan  aan die kiesers vertel nie –  minstens nie in Jeffreysbaai nie.  Ook nie ‘n enkele nuusbrief nie.  Niks.

Swak, DA, Swak!

Uit die leiersgeledere gaan dit net so beroerd.  Wanneer laas het die DA ‘n media-verklaring oor een van die eindelose omstrede kwessies in die munisipaliteit uitgereik?  Die enigste kere dat ‘n mens ‘n senior raadslid se naam in ‘n koerant sien is wanneer hulle om kommentaar genader word of hier en daar ‘n brief skryf.

Swak, DA, Swak!

Weinig, indien enige,inisiatief word geneem om hul standpunte aan die kiesers oor te dra. Die kiesers wil weet wat sê die party vir wie hulle gestem het en wat weer hulle stemme gaan vra.

Die DA sal tot die besef moet kom dat hy nie op koerante kan staatmaak om sy nuus oor te dra nie.  Eerstens het die twee plaaslike koerantjies te min ruimte.  Tweedens is daar ‘n yslike verskil tussen wat die DA in die koerante wil hê en wat die koerante wil/sal plaas.  Hou op kla hieroor.  Maak ‘n ander plan.

As ‘n mens ‘n probleem het, kry hulp by jou familie en vriende waarop jy staatmaak.  Maar jy moet ontvanklik wees daarvoor.

In Kouga is daar  DA-ondersteuners wat hulp sal gee en met slim planne vorendag sal kom.  Dinkskrum hulle.

Seerseker het die DA al hierdie eenvoudige plan bedink.  Die vraag is of die plaaslike DA hierdie hulp wíl inroep.  Of wil hy op homself aangewese bly?

Het die DA-leierskap iets met hierdie afsydigheid te doen?  Strek dit altemit verder?  Na Elza van Lingen?   Dit lyk so.  Die tekens is daar.

Gebruik die tegnologie in al sy glorie.  Dis 2012, demmit.  Begin met ‘n enorme “Aksie e-pos-adresse”.

Gebruik ‘n bietjie verbeelding.

Dit herinner aan die grappie van die prediker wat vertel het dat daar in die hel ‘n geween en ‘n gekners van tande sal wees.  En dié wat nie tande het nie, sal met tande “supply” word.  As die DA nie verbeelding het, kan hulle met verbeelding “supply” word.

Die DA is in die eerste linie om die ANC-munisipaliteit oor sy onvermoë om te regeer, aan te vat.  Al werk hulle hoe hard, waaraan ookal, sal die kiesers bly glo hulle lê in hul grafte, want hulle staan nie op en praat nie.

Swak, DA, Swak!

Goeie leestof vir die DA is by:  http://www.idea.gov.uk/idk/core/page.do?pageId=7581964

Pligte van raadslede

Ludwig Vorster van Jeffreysbaai, skryf soos volg:

(1)       Is daar ‘n pligstaat wat bepaal wat Raadslede se werklike pligte is en hoeveel tyd is hul veronderstel om te wy aan die  kiesers/inwooners in hul  betrokke wyke om werklik sy aanstelling en salaris  te regverdig ?

(2)       Watter insae het die Raadslede om in die Munsipaliteit se bedrywighede op die grond prakties  te gaan ondersoek doen in die voorsiening van water, elektrieseteit, rioelwerke, vullisverwydering, omgewingsbeheer, stortings tereine ens. as daar klagtes van swak dienste van die wyks kiesers/inwooners  afkomstig is?

(3)       Wat word van Raadslede wat nie hul Wyks Kommitees gestig het nie, is dit nie ‘n wetlike verpligting nie?

(4)       Wanneer ‘n probleem/griewe  gerig word aan ‘n Raadslid , wat is hy veronderstel om te doen,moet hy/sy  net die Munisipaliteit te bel en navraag te doen en hul antwoord te aanvaar of is die Raadslid veronderstel om die oorsprong van die probleem/grief  te gaan ondersoek .?

(5)       Sal daar iemand so gaaf wees wat al die vrae volledig kan beantwoord?

(6)       Die gerugte wat rondloop oor die opsigters werk by die golfbaan kan name nie genoem word nie dan behoort daar nie bespiegelinge te wees wie die persoon is nie?

[As daar iemand (‘n raadslid?) is wat antwoorde op Ludwig se antwoorde kan verskaf, skryf asseblief aan ons The Courier – Die Koerier] 

When democracy gets in the way of power

Sunday Times Editorial, 19 February 2012

THE dogs of populism are barking at the doors of freedom. The bark is getting louder and the pack is growing. Parliament is gathering ammunition before it finally hammers the first nail into the coffin of press freedom in the form of the Protection of State Information Bill.

Much has been said about this piece of legislation. Most recently, Planning Minister Trevor Manuel observed that South Africa, like any other country, needed to protect its official secrets and this was what the bill set out to do.

No one disagrees with this objective. What is troubling is the absence of protection for those who reveal such information when it is manifestly in the public interest. Click here to read more.

Saturday, February 18, 2012

Hoe praat die DA nou so uit twee monde?

Japie Bosch

Volgens die Kouga Express van 16 Februarie 2012 “eis” mnr Leon de Villiers, DA-koukusleier van die Nelson Mandelabaai-metropool, dat die Kouga-munisipaliteit sy bates moet verkoop om sy uitstaande waterskuld van R32 miljoen aan die metropool te betaal.

Dit kan net een ding beteken:  verkoop julle eiendom.  Soos die gholfbaan?

Dis lynreg in botsing met wat Kouga se DA verkondig.  Toe Kouga se ANC-regeerders in ‘n stadium sulke praatjies gepraat het, het die plaaslike DA bollemakiesie geslaan oor sulke dom planne.  Sy standpunt was iets soos “‘n mens nie jou huis verkoop om jou skuld te betaal nie”.

Nou praat die DA van die een plek teen die DA van ‘n ander plek.

Dis ‘n saak vir Elza van Lingen.

ANC sets its sights on the judiciary

CHARLES MOLELE & ANDISIWE MAKINANA
Mail & Guardian, Feb 17 2012

Just four months before its policy conference, the ANC is making it clear that it intends to push for a radical transformation of the judiciary. President Jacob Zuma this week reignited the controversy over his attitude to the constitutionally enshrined power of courts to review executive decisions, telling The Star "we don't want to review the Constitutional Court, we want to review its powers". He added that judges were not "special people" and said that split and dissenting judgments undermined the court's authority.

The government and Zuma himself have since attempted to back-pedal on these remarks saying they had to be understood in their proper context.

But amid the mixed messages, it is clear that the ANC plans to go beyond its existing policy positions that the Constitutional Court be affirmed as the apex of the legal system and that the demographic transformation of the Bench must be quicker. Click here to read more

Wat voer die Kouga DA in die mou?

Barry Vosloo

Ten minste vier Kouga DA-raadslede is reeds ouer as sewentig. Nóg twee is nie ver daarvandaan nie.

The Courier – Die Koerier twyfel nie aan hulle werkywer en bekwaamheid nie. Trouens, sover ons weet - gegewe die Kouga DA se oënskynlike teësinnigheid om met sy ondersteuners te kommunikeer - voer hulle hulle pligte nougeset uit.

Die plaaslike DA-gemeenskap bespiegel egter openlik en dikwels of die ouer garde vir die volgende verkiesing (2014?) verkiesbaar sal wees.

Indien nie, wil die volk graag weet watter planne die Kouga DA in die mou voer om jonger kandidate in die veld te stoot.

Minister offers insight into 'weighty' politicians

PE Herald, 17 February 2012

Health Minister Aaron Motsoaledi offered insight on Friday (17/02/2012) into why many politicians suffer the curse of bulging stomachs and widening waist lines.

"The problem as a public representative is that there is food everywhere,” he said during a human development cluster briefing in Parliament.

"There is always an availability of food. That is the danger of this profession. That is the nature of this job.” Click here to read more.

Friday, February 17, 2012

Die gerug wat nie wil wyk nie

Barry Vosloo

‘n Hardnekkige gerug doen tans die ronde.

‘n Kouga DA-raadslid het onlangs aansoek gedoen om ‘n pos as baanopsigter van ‘n plaaslike gholfklub.

Toe daar aan hom gevra is of hy dié werk saam met sy pligte as raadslid sal kan hanteer, het hy glo gesê dat dit nie ‘n probleem sal wees nie.

Sy joppie as raadslid hou hom slegs sowat twee uur per maand besig! 

Take us to your ... what?!


Zapiro in Mail & Guardian
Click here to view


Thursday, February 16, 2012

Die DA moet (eers) vergeet van Kouga oorneem

Japie Bosch

Daar is al geruime tyd sprake dat die DA ‘n kans het om die beheer van die Kouga-munisipaliteit oor te neem.  Die hoop is dat dit kan gebeur as mnr. Earl Hill, ANC-raadslid vir Pellsrus, onder druk swig en bedank sodat ‘n tussenverkiesing gehou kan word.

Dog, dit lyk onwaarskynlik.

Hill is adjunk-hoof by ‘n laerskool.  Daar is glo geruime tyd klagtes dat sy verpligtinge as deeltydse raadslid sy werk by die skool laat skade ly.  As gevolg hiervan het Hill, volgens ‘n betroubare bron, al twee keer bedank, maar die ANC wil hom nie laat gaan nie.

Hy word as‘t ware in watte toegedraai, want die ANC weet sy vertrek sal die moeder van tussenverkiesings in Kouga meebring.

Die ANC regeer tans met 15 raadslede teenoor die DA se 14.  Die DA sal alles moontlik doen om te wen om die syfers om te draai.   En daar is goeie kans dat hulle dit sal regkry, want Pellsrus is wenbaar.  Maar Hill moet eers padgee.

Daarby word Bruin kiesers al meer keelvol vir die ANC, omdat daar toenemend teen hulle gediskrimineer word.  Die afgelope naweek is dit opnuut belig.  Daar is berig dat die Wes-Kaapse Department van Korrektiewe Dienste (DKD) weier om sy Bruin werknemers te bevorder, want die die nasionale amptenary oefen druk uit op die provinsie om meer Swart werknemers te kry.

Verlede jaar het mnr Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, ‘n storm veroorsaak toe hy gesê het daar is “te veel Bruin mense in die Wes-Kaap”.

Hierdie soort uitsprake sal ook ‘n kwelling vir Kouga se Bruin mense wees, want hul getalle maak sowat 51 persent van die bevolking in die munisipale gebied uit.  In ‘n tussenverkiesing sal die DA dit tot die uiterste uitbuit.

Terug by Hill en sy onderwyswerk.  Die ANC as ‘n politieke party is nie ten gunste daarvan dat onderwysers raadslede is en twee salarisse verdien nie, maar daar is nie wetgewing wat dit verbied nie.

Vier maande gelede het me Julie Killian van COPE in die parlement vrae gevrae oor onderwysers wat raadslede is.  Die Minister van Basiese Onderwys, het geantwoord dat wetgewing vir die volgende voosiening maak:
·         … educators elected as part-time municipal councillors may continue as employees, but seek approval in terms of section 30 of the Public Service Act, 1994 (as amended) and section 33 of the Employment of Educators Act, 1999, from their executive authority (Minister/MEC) to receive remuneration.
·      “Part-time elected councillors must perform their duties outside working hours. If such employees (educators) have to perform work during official working hours, approval from the executive authority must be obtained.”  (Klik HIER vir die volledige teks.)

Hill het glo toestemming hiervoor gekry.  Daar is dus niks wat hom verplig om te loop nie.

Maar dit is die gemeenskap wat wil hê hy moet uit die raad padgee.  Dis veral die skoolouers wat kla dat hy te veel van die skool afwesig is en nie sy werk kan doen nie.

Deeltydse raadslede vertel dat hulle maklik 20 ure per maand in kantoortyd aan vergaderings moet afstaan.  ‘n Raadslid wat ‘n wyk verteenwoordig en sy werk doen, bestee minstens nog 30 na 40 ure per maand aan sy werk.  Hill is dus maklik minstens een dag ‘n week nie by die skool nie.

Hill weet sy toekoms lê by die onderwysdepartement.  Een van die dae kan hy skoolhoof word.  Boonop is hy in die onderwys, anders as in die politiek, verseker van sy werk en ‘n goeie pensioen eendag.

Hoekom hy ná twee bedankings nog nie weg is nie, is kom vreemd voor.  Hy wíl mos loop.

Die antwoord hiervoor moet gesoek word by die wyse waarop die ANC politiek bedryf.  Terwyl die ANC weet daar is ‘n risiko dat hy ‘n tussenverkiesing kan verloor en die beheer van Kouga met sy R500 miljoen-begroting aan die DA sal afstaan, sal Hill met fluweelhandskoene hanteer word.

Dít maak die kanse skraal dat Hill in die afsienbare toekoms sal oppak en groet.   Vir eers moet die DA vergeet van Kouga oorneem.

Intussen het Hill nie ‘n sê oor sy toekoms en sy skool se belange nie.  Daaroor voel die ANC vere. 

Van Lingen opens can of worms

In a letter to Our Times on 15 February, DA MP Elza van Lingen asks a few awkward questions about the involvement of former mayor, Robbie Dennis and present ANC Councillor, Earl Hill in the affairs of the Jeffreys Bay Community Trust.

It appears that the original owners of the Fountains Development gave the trust an amount of R931 326 over a period of five years.

The trust was supposed to have been administered by the municipality. As such, the Municipal Finance Management Act (MFMA) requires that all moneys should have been banked in the name of the municipality and controlled by the municipal manager as the accounting officer.

However, this was not done and the trust operated as a private entity.

Dennis and Hill were involved in the affairs of the trust for which they had been paid salaries totalling R297 000. This left an amount of R653 326 unaccounted for.

“So where did the money go?” she asks. “There is no evidence that any community development project received any money from the trust. It is in the public interest for us to be informed what happened to the funds and who benefited from the trust.”

According to a municipal spokesman both Dennis and Hill declared their interests in the trust.

“This,” Van Lingen says, “will also be probed as our information is the complete opposite.”

In view of the perceived mismanagement of the Trust, Van Lingen questions Hill’s trustworthiness as chairman of the municipal oversight committee. This also applies to the municipal public accounts committee on which he serves.

Openbare ruimte 2434

Barry Vosloo

Op 19 Oktober 2011 het The Courier – Die Koerier ‘n berig geplaas oor raadslid Thiart se pogings om ‘n ou-ou problem in Planestraat weer eens onder die aandag van die Kouga-munisipaliteit te bring en aan te dring dat iets aan die saak gedoen word. Klik hier om die volledige berig te lees.

Die eienaars van die eiendomme aan weerskante van die parkeerplek waarvandaan ‘n mens die Noorkapper-walvisse kan dophou en wat bekend staan as Openbare Ruimte 2434, is raadop. Hulle is al jare lank bekommerd oor die skadelike uitwerking van die parkeerplek op die duin en die duineplantegroei. Die Kouga-munisipaliteit het egter tot dusver weinig ag op hulle pleidooie geslaan ten spyte van die feit dat die eienaars bereid is om self die koste van die herstelwerk te dra.

The Courier – Die Koerier wonder of die probleem al opgelos is? Indien nie, waarom nie?

Wednesday, February 15, 2012

Inwoners moet self eis van KM

Piet Liebenberg
Our Times, 15 Februarie 2011

INWONERS van die Kouga wat ontevrede is oor hul munisipale rekening moet dit self met die munisipaliteit uitklaar, sê die munisipale woordvoerder, Mfundo Sobele.

Hy sê die munisipaliteit gaan nie outomatiese regstellings maak nie. Inwoners sal slegs ‘n krediet ontvang indien hulle die munisipaliteit direk kontak.

Our Times het navraag hieroor gedoen na hulle oorval is met klagtes van inwoners wat beweer die munisipaliteit het hul onregmatig aangeslaan.

Na ‘n ondersoek is bevind dat meters soms laat gelees word wat dan veroorsaak dat inwoners teen ‘n hoër tarief aangeslaan word. Veral oor Desember en in Augustus verlede jaar toe van die personeel gestaak het, is die meters laat gelees.

In Desember was meterlesings sowat 41 dae na die vorige een geneem. Inwoners moes dus vir vyf tot ses weke se verbruik betaal. Omdat tariewe verhoog namate verbruik verhoog, het dit veroorsaak dat hulle meer moes betaal.

Sobele sê slegs sekere dele van Jeffreysbaai en Humansdorp word hierdeur geraak. [Watter dele? – The Courier – Die Koerier]

“Die probleem het ontstaan as gevolg van personeel wat gewone en siekverlof geneem het. Die siklus wissel gewoonlik tussen 30 en 33 dae, maar in sekere gevalle mag dit gebeur dat lesings laat geneem word,” sê Sobele.

Die voorsitter van die Jeffreysbaaise Inwonersvereniging, Trevor Watkins, het sy verbasing uitgespreek dat ‘n organisasie wat sowat 40% van sy begroting aan personeel bestee, die vermetelheid het om ‘n tekort aan personeel as verskoning aan te bied.

“Ek het twee dae tevergeefs probeer om kommentaar te kry van die waarnemende finansiële direkteur, Carlien Burger of die waarnemende munisipale bestuurder, Sydney Fadi,” sê Watkins.

Volgens Watkins gaan die munisipaliteit nie outomaties rekenings aanpas nie maar sal inwoners self die munisipaliteit moet nader.

Die DA se LP Elza van Lingen het ook gesê dit is onverskoonbaar dat lesings nie behoorlik gelees word nie terwyl die munisipaliteit met te veel personeel sit.