Tuesday, February 21, 2012

Lees as jy wil saampraat

Japie Bosch

‘n Munisipale raadslid se werk is meer kompleks as wat dit op die oog af voorkom.  Dit verg heelwat leeswerk en begrip om te weet wat hulle moet doen, nie alleen deur die raadslede nie, maar ook deur diegene wat oor munisipale sake wil saampraat.

Ludwig Vorster vra vroeër op hierdie blog:  “Is daar ‘n pligstaat wat bepaal wat raadslede se werklike pligte is en hoeveel tyd is hul veronderstel om te wy aan die kiesers/inwoners in hul betrokke wyke om werklik sy aanstelling en salaris  te regverdig?”

As ‘n mens ‘n bietjie hier en daar Google (Fanus het gepraat van “Goegeloer”) blyk dit dat die antwoord nie eenvoudig is nie.  Hoeveel tyd hulle aan wat moet bestee, sal deur diskresie bepaal word.

Raadslede se funksies word bepaal deur die Wet op Munisipale Strukture. Klik hier.

Hierdie wet maak vir ‘n gedragskode voorsiening. Klik hier.

Die South African Local Government Association (SALGA) het’n Handbook for Municipal Coucillors saamgestel. Klik hier.  (As jou rekenaar vra in watter program hy dit moet oopmaak, klik op Adobe Reader.)

Daar is ook ‘n (ou) Handbook for Ward Committees. Klik hier.

Daarby het die DA se eie pligstaat vir raadslede. Klik hier.

Uit voorgaande is dit duidelik dat  heelwat vereistes aan raadslede gestel word.  In die praktyk kom dit daarop neer dat hulle drie base het – wetgewing (alias die regering), die kiesers en hul politieke party.

Besonderhede oor plaaslike raadslede se verdienstepakkete het op 11 Januarie op hierdie blog verskyn.  Klik hier.

Op die vraag of raadslede dit werklik verdien, is my mening ongetwyfeld “ja, selfs meer”, op voorwaarde dat hulle bekwaam genoeg is en hul pligte uitvoer, soos voorgeskryf.  Indien nie, is die antwoord vanselfsprekend.  In Kouga sal min raadslede my “ja” kry.

Inwoners, wykskomiteelede, inwoners- en belastingbetalerverenigings het, nes raadslede, ‘n plig om hulle van die inhoud van voorgaande te vergewis.  Dit sal hulle in staat stel om realistiese eise aan hul raadslede te stel en ‘n bepaling te maak of hulle hul geld verdien.  Soos ‘n vriend sê:  “gooi hulle met die boek”. 

No comments:

Post a Comment