Friday, March 16, 2012

Aanslag teen Zille in DA

Jan-Jan Joubert
Beeld, 16 Maart 2012

Me. Helen Zille, ystervrou van die DA, staal haar vir ’n aanslag deur ’n groep in die party wat haar as leier wil verwyder.

Die groep het stilweg onder sommige DA-lede begin werk om haar in November as partyleier te probeer ont­setel, of minstens haar vertrouelinge uit magsposisies te verwyder.

Die aanvanklike slagvelde vir die stryd is ’n reeks provinsiale DA-kongresse, met die finale veldslag in November by die party se nasionale kongres in Soweto, waar ’n nuwe nasionale leierskorps verkies moet word. Klik hier om verder te lees.

No comments:

Post a Comment