Saturday, March 10, 2012

Eskom-tariefverhogings beperk

RSG-nuusbulletin, 11 Maart 2012

Die bestuurshoof van Eskom Brian Dames het die versekering gegee dat Eskom se werksverrigting nie deur laer inkomste vanjaar gekortwiek sal word nie. Sy verklaring volg nadat die energiereguleerder Nersa gesê het Eskom se tariefverhogings vir die 2012/2013 boekjaar is tot 16% beperk nadat dit vroeër op 25,9% goedgekeur is. Dames sê Eskom se finansiële en bedryfsposisie is gesond genoeg om met die 16 persent verhoging te kan funksioneer. Nersa het die tariefverhoging gister aangekondig.

Eskom is allerweë gekritiseer dat sy hoë prysstygings grootliks bygedra het tot hoër inflasie. Die Reserwebank se inflasieteiken van drie tot ses persent is in November oorskry en ontleders verwag dat die inflasiekoers vanjaar hoër as die teiken sal bly. Eskom sal sy volgende aansoek vir toekomstige prysstygings teen die middel van vanjaar indien.

No comments:

Post a Comment