Saturday, March 3, 2012

Jeffreysbaaier ontgogel

Hier volg uittreksels uit 'n e-pos wat The Courier - Die Koerier van Ludwig Vorster af ontvang het:

"Die Jeffreysbaaise Inwonersvereniging se [onlangse] Algemene Jaarvergadering het geen kans gestaan van die begin af nie.

Die feit dat die saal laat oopgesluit is, dat daar nie genoeg stoele beskikbaar was nie, dat die luidsprekerstelsel nie beskikbaar was nie [is onverskoonbaar]. En dan word daar ‘n DA politieke toespraak gehou met ‘n klomp sinnelose ou  gemors. Dit het die hele proses verongeluk en het meer skade aan Jeffreysbaai se beeld gedoen as al die gemors wat ons alreeds in ons dorpie aangaan. Ek kry die indruk dat die toekoms vir ons Jeffreysbaaiers duister is.

Kan ons nie begin om Delarey Delarey laat jy die Jeffreysbaaiers kom lei sing nie? Hier het ek nog niemand gesien wat daardie eienskappe het nie. 

Ek is een bitter teleurgestelde inwoner van Jeffreysbaai  en ek dink daar is ‘n paar ander wat ook so voel. Japie [Bosch] ek is bly dat jy al die raadslede wat die saal verlaat het, genoem het (klik hier om berig te lees). Ek hoop nie hulle verwag ons stemme met die volgende verkiesing nie. My stem sal hulle beslis nie kry nie."

No comments:

Post a Comment