Wednesday, March 7, 2012

Afriforum

Barry Vosloo

‘n Vergadering met die doel om ‘n tak van Afriforum op Jeffreysbaai en Humansdorp te stig, vind op 13 Maart 2012 om 19:00 by die Laerskool Jeffreysbaai plaas.

Afriforum, ‘n burgerregte inisiatief van die vakbond Solidariteit, is ‘n onafhanklike nie-winsgewende instelling. ‘n Mens hoef dus nie by Solidariteit aan te sluit om ‘n lid van Afriforum te word nie. Afriforum  pak maatskaplike- en gemeenskapskwessies aan. Een van hulle projekte is die Kom huis toe-veldtog. Klik hier om meer daarvan te wete te kom.

Solidariteit is een van Suid-Afrika se oudste vakbonde. Klik  hier om toegang tot hulle webblad te verkry. Ander bekende inisiatiewe waarby die vakbond betrokke is, is Solidariteit Helpende Hand, terwyl die vakbond jaarliks studiebeurse ter waarde van meer as R1 miljoen aan voornemende studente toeken. Die vakbond bied ook opleiding aan honderde jongmense deur sy opleidingsinisiatief, Sol-Tech.

Die Afriforum-webblad (klik hier om toegang te verkry ) sê: “Met AfriForum-lidmaatskap sal jy direk daartoe bydra dat jou en jou gemeenskap se stem gehoor word in ‘n samelewing waar minderhede – soos Afrikaners en die Afrikaanse gemeenskap – toenemend geïgnoreer word. AfriForum bied juis ‘n forum vir die konstruktiewe aktivering van minderhede tot deelname aan die openbare debat en aksies, om sodoende ‘n toekoms vir ons in Afrika te verseker.”

No comments:

Post a Comment