Tuesday, November 22, 2011

Thyspunt nou op volspoed

James-Brent Styan
Die Burger, 22 November 2011

Die regering is volspoed op pad na die konstruksie van ’n tweede kernkragstasie en Die Burger verneem dit sal op Thyspunt in die Oos-Kaap gebou word.

Thyspunt is reeds in die vroeë 1980’s as een van vyf moontlike liggings vir nuwe kernkragstasies geïdentifiseer.

Mnr. Tony Stott, Eskom se woordvoerder oor kernkrag, het gesê as die regering nou nuwe persele vir kernkragstasies moet identifiseer, kan dit tot ’n vertraging van ’n verdere vyf jaar lei.

Die kabinet het die IRP2010, die regering se kragbloudruk vir die volgende 20 jaar, egter in Maart vanjaar goedgekeur. Dit maak voorsiening vir 9600MW se nuwe kernkrag, waarvan die eerste reeds in 2023 verskaf moet word.

Voordat konstruksie kan begin, moet die omgewingsimpakstudie eers suksesvol afgehandel wees. Dié studie sal vir die konstruksie van een kernkragstasie met ’n maksimum kapasiteit van 4000MW voorsiening maak. Lees verder ...

Klik hier en lees die Kouga DA se standpunt in verband met die voorgestelde kernkragsentrale by Thyspunt. 

No comments:

Post a Comment