Wednesday, November 2, 2011

Raad neem ‘beginselbesluit’ oor Thyspunt

Barry Vosloo

Ons het op 26 Oktober 2011 berig dat ESKOM onlangs met lede van die munisipale raad van die Kouga ‘n gesprek gevoer het oor die kernkragsentrale wat vir Thyspunt beoog word.

Die berig het geëindig met die woorde: “The Courier – Die Koerier het betroubaar verneem dat die Kouga DA binnekort sy standpunt teen of vir die oprigting van die aanleg sal bekend maak.” Kyk Thyspunt.

Die DA het later op 31 Oktober 2011 wél ‘n standpunt ingeneem tydens ‘n debat in die Kouga munisipale raad. Omdat die ANC ‘n meerderheid in die raad geniet, is met 14 stemme teen 13 besluit om die Thyspunt-ontwikkeling ‘in beginsel’ te steun.

Volgens DA-segsman, raadslid Chimpie Cawood, was hulle gekant teen dié stap omdat dit voortydig geneem is. Die omgewingsimpakstudies is nog nie afgehandel nie en kan dus nie bestudeer word nie. Hierbenewens is ander deskundiges buiten ESKOM nog nie die geleentheid gegun om die raad toe te spreek nie.

Maar die DA se belangrikste beswaar, sê Cawood, is dat die amptenary van die Kouga-munisipaliteit nog nie ‘die voor- en nadele van die massiewe ontwikkeling op Kouga se infrastruktuur en die koste-implikasies’ van die projek onder die loep geneem het nie.

No comments:

Post a Comment