Tuesday, November 8, 2011

As Cope, DA in bed spring

Zelda Jongbloed
nuus24, 7 November 2011

Ek wens soms die leierskorps van Cope wil ophou raai raai riepa met ons almal speel oor die kwessie van samesmelting met die DA.

Vandeesweek weer het dit “uitgelek” mnr. Mosiuoa Lekota, die Cope-leier, het hom in ’n brief ten gunste van aansluiting by die DA uitgespreek, iets wat later deur die party se woordvoerders ontken is.

Terwyl Cope nie heeltemal so kapitalisties soos die DA of so sosialisties soos die ANC is nie, is daar een bindende faktor wat samesmelting met die DA in ’n verenigde opposisie amper ’n gegewe maak. Dit is naamlik die respek wat albei partye vir die absolute oppergesag van die Grondwet het.

Dit sal natuurlik baie slegte nuus vir die regerende ANC wees as ’n saamgesmelte Cope-DA-opposisie met sy geweldige groot potensiaal om kiesers oor alle grense heen te trek, van die grond af kom en voortgaan om die hoogste ideale van demokrasie na te streef. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment