Murray La Vita
DIE BURGER, 4 Oktober 2011
Lindiwe Mazibuko glimlag.
“My kinderdae was taamlik normaal. Ek is in Swaziland gebore. Ons het in 1986 (toe sy ses was) na Umlazi in Durban getrek. Ek het dit gehaat, want dit was in die middel van die noodtoestand.
“Ja, Suid-Afrika was anders. Ek was in ’n private skool in Durban, en... daar was klein dingetjies soos dat ek nie toegelaat is om op die bus te sit nie. Die stadsbusse was slegs vir blankes en my ouers moes spesiale toestemming kry sodat ek die bus van die halte in die middestad af kon neem na Durban-Noord, waar my skool was.
“Die feit is: my ouers het gewéldig baie opgeoffer om seker te maak dat ek toegang het tot geleenthede. Hulle kon die status quo aanvaar het en ons na townshipskole gestuur het, en ons kon gely het onder Bantoe-onderwys.”
“Ek het gereis; ek het wonderlike nuwe dinge geleer; ek het ’n honger brein... dit alles te danke daaraan dat my ouers die moeite gedoen het om my belangstelling te prikkel."
“Alles wat ek is, is ek verskuldig aan ouers wat visioenêre is en wat hárd gewerk het om dinge vir ons te laat gebeur. En ek is ongelóóflik trots daarop en sal nooit daarvoor verskoning vra nie. Ek dink my opvoeding is een van die redes waarom ek selfvertroue het. Ek wéét dit is."
Terloops: sy kán ook Afrikaans praat en lees daagliks Afrikaanse koerante. Lees verder ...
No comments:
Post a Comment