Wednesday, November 2, 2011

Slaggate kry aandag

Barry Vosloo

The Courier – Die Koerier het verneem dat Wyk 3-raadslid, Henda Thiart, onlangs daarop aangedring het dat die waarnemende munisipale bestuurder, Sidney Fadi, haar na Mimosaweg moet vergesel waar fonteinwater enorme skade aan die straat agter die Spar-winkelkompleks aangerig het.

Te oordeel aan die herstelwerk wat die munisipaliteit tans aan die slaggate in die ander strate van Wyk 3 onderneem, lyk dit asof haar ferm optrede vrugte dra.

No comments:

Post a Comment