Tuesday, November 22, 2011

Maharaj en die wapenskandaal


Spotprent: Fred Mouton

Hoofberig
Die Burger, 22 November 2011

Die bohaai oor mnr. Mac Maharaj, pres. Jacob Zuma se woordvoerder, en sy beweerde aandeel in omkopery verwant aan die wapenskandaal beklemtoon opnuut ou waarhede.

Korrupsie is ’n kanker in enige samelewing wat nie onderskat moet word nie.

Akademiese studies bewys dat korrupsie een van die grootste struikelblokke vir die opheffing van agtergeblewe gemeenskappe is.

Geld wat aangewend kon word om skole, klinieke en huise te bou, paaie en waterpype aan te lê, en onderwysers en gesondheidswerkers te betaal, verdwyn in die sakke van ’n groepie rykes. Mense wat – ondanks hul mooi woorde in die openbaar – net in hul eie mag en bankrekenings belangstel, en nie in die hulp aan die stemloses en die armes nie. Lees verder ...

Klik hier en hier en lees twee berigte wat vroeër in The Courier - Die Koerier verskyn het. 



No comments:

Post a Comment