Monday, November 7, 2011

‘n Nuwe vorm van protes

Elma Kloppers
Sake24, 6 November 2011

Een van Suid-Afrika se grootste genoteerde eiendomsgroepe het besluit om nie meer in gebiede te belê waar die plaaslike owerhede nie behoorlik funksioneer nie.

Die besluit van Redefine om sterk standpunt in te neem teen die twyfelagtige en swak bestuur van plaaslike owerhede kan vir sulke wanfunksionele munisipaliteite verreikende geldelike implikasies inhou.

Redefine het nie net besluit om nie meer te investeer in gebiede wat swak bestuur word nie, maar ook besluit om nie meer verkrygings in sulke gebiede te doen of verbeterings aan te bring aan eiendomme wat hy reeds in sulke gebiede besit nie.

Dit kan vir die plaaslike owerhede mettertyd ’n verlies van miljarde rande aan munisipale belasting en diensgeld tot gevolg hê.

Prof. Francois Viruly, dosent in eiendomstudie aan die Universiteit van Kaapstad se skool vir konstruksie-ekonomie en -bestuur, sê dat as toestande in Suid-Afrika knellender raak, kan talle eiendomsontwikkelaars hulle tot buite die landsgrense wend vir toekomstige sake. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment