Tuesday, November 15, 2011

Cope wil saamwerk met opposisiepartye

Jan-Jan Joubert
Die Burger, 15 November 2011

Mnr. Mosioua Lekota, Cope-leier, het ’n uitnodiging aan alle leiers van opposisiepartye gestuur om ’n beraad by te woon vir groter samewerking teen die ANC.

Teen gisteraand het die DA, UDM en VF+ se leiers by navraag aan Die Burger bevestig hul partye sal verteenwoordig word by die vergadering, wat op 25 November in Kaapstad sal plaasvind.

Elke opposisieparty sal gelyke verteenwoordiging hê, onafhanklik van die party se kiesersteun.

Lekota het gister by Cope se parlementêre kantore die media toegelig oor die planne en het baie tyd afgestaan aan die verkeerde pad waarop die ANC na sy mening is.

Hy meen die ANC is van koers met korrupsie, posisies in die staatsdiens en ’n onvermoë om basiese dienste te lewer, wat beteken die ANC se rol is uitgespeel. Voorts dat geen opposisieparty die ANC op sy eie kan uitdaag nie en die opposisie moet dus saamwerk.
Lees verder ...

Klik hier en hier om toegang tot verwante stories te verkry.

No comments:

Post a Comment