Monday, November 21, 2011

Beset onderwyskantore oor swak skole – Jansen

Pieter Steyn
Beeld, 20 November 2011

"’n Mens hoef net by ’n staatshospitaal, ’n swak skool of by die departement van binnelandse sake in te stap om te sien die regering het ’n ‘f** jou’- houding teenoor die mense.”

Só het prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, eergister op die jaarvergadering van die federasie van beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole (Fedsas) gesê.

Jansen het te velde getrek teen die regering se traak-my-nie-agtige houding teenoor die mense van die land.

“Ons moet, soos die Beset Wall Street-veldtog, die kantore van die onderwysdepartement in elke provinsie gaan beset,” het Jansen gesê.

Hy het veral mnr. Trevor Manuel, beplanningsminister, bygekom en gesê onderwys het genoeg beleide, maar werkbare planne ontbreek. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment