Saturday, November 5, 2011

Die minister van sports en die swanger model

Dawie
DIE BURGER, 5 November 2011

Wat was mnr. Fikile Mbalula, die minister van sport(s), se laaste woorde voordat sy lewe en politieke loopbaan in ’n nagmerrie omskep is? “Nee, ek is nie Julius nie, ma’ lê ma’...”

Wel, Mbalula en sy vriend Julius Malema, sal sekerlik nie dink dís snaaks nie. Die berigte in City Press en Rapport oor Mbalula se sekskapades het dié politieke faksie se veldtog om pres. Jacob Zuma volgende jaar in Bloemfontein te onttroon, ernstige skade berokken.

Tot dusver het Malema en sy veghoenders soos Mbalula maar te lekker onderlangse stekies teen Zuma en sy morsige persoonlike lewe ingekry.

Die president moes Suid-Afrika en die ANC immers al twee keer verskoning vra omdat hy doen voordat hy dink.

Die eerste keer was omdat hy onbeskermde seks gehad het met ’n vrou wat MIV-positief was. Die tweede keer was vir sy potjie owerspel met me. Sonono Khoza, wat toe die ma van sy 20ste kind sou word.

En die Malema-faksie was slaggereed om hierdie verleenthede te ry so goed hulle kan. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment