Saturday, November 12, 2011

Raadslid Thiart doen haar ding

Barry Vosloo

The Courier - Die Koerier deel vandag in opdrag van die DA-takbestuurskomitee van Wyk 3 ‘n ruiker uit aan sy raadslid, Henda Thiart.

Henda was nog altyd ‘n energieke werker en volkome toegewyd aan enige organisasie waarin sy gedien het. Só was dit byvoorbeeld toe sy nog lid en later voorsitter was van die Jeffreysbaai-belastingbetalersvereniging.

Die takbestuur is in sy noppies dat Henda haar só gou laat geld het ná haar verkiesing as raadslid in Mei vanjaar.

Die feit dat die DA-koukus haar benoem het om in twee hoëprofiel-raadskomitees soos die finans- en oorsigkomitee te dien, is bewys van die aansien wat sy onder haar kollegas geniet.

Hierbenewens is Henda een van vyf DA-raadslede wat onlangs aangewys is om in die nuutgestigte munisipale openbare rekeninge-komitee te dien. Dié komitee verrig op munisipale vlak dieselfde funksie as SKOOR in die provinsiale en nasionale wetgewer.

Nog is het einde niet. Op 29 Oktober 2011 is sy op Joubertina onbestrede verkies tot die uitvoerende komitee van die Tsitsi-Karoo-kiesafdelingsraad. In hierdie komitee sal sy na die belange van die Kouga se DA-raadslede omsien.

No comments:

Post a Comment