Showing posts with label Lindiwe Mazibuko. Show all posts
Showing posts with label Lindiwe Mazibuko. Show all posts

Sunday, March 11, 2012

DA requests meeting with Vavi

Lindiwe Mazibuko, Parliamentary Leader of the Democratic Alliance
11 March 2012

Lindiwe Mazibuko
(Click here to view picture)

I have written to the Secretary General of COSATU, Zwelinzima Vavi, to request a meeting with him to discuss a range of important issues, inlcuding the high levels of youth unemployment, and the need for innovative solutions to address these challenges. These issues, amongst others, are viewed seriously by both COSATU and the DA. Click here to read more.

Friday, November 4, 2011

Iemand wat in diep water swem

Murray La Vita
DIE BURGER, 4 Oktober 2011

Lindiwe Mazibuko glimlag.

“My kinderdae was taamlik normaal. Ek is in Swaziland gebore. Ons het in 1986 (toe sy ses was) na Umlazi in Durban getrek. Ek het dit gehaat, want dit was in die middel van die noodtoestand.

“Ja, Suid-Afrika was anders. Ek was in ’n private skool in Durban, en... daar was klein dingetjies soos dat ek nie toegelaat is om op die bus te sit nie. Die stadsbusse was slegs vir blankes en my ouers moes spesiale toestemming kry sodat ek die bus van die halte in die middestad af kon neem na Durban-Noord, waar my skool was.

“Die feit is: my ouers het gewéldig baie opgeoffer om seker te maak dat ek toegang het tot geleenthede. Hulle kon die status quo aanvaar het en ons na townshipskole gestuur het, en ons kon gely het onder Bantoe-onderwys.”

“Ek het gereis; ek het wonderlike nuwe dinge geleer; ek het ’n honger brein... dit alles te danke daaraan dat my ouers die moeite gedoen het om my belangstelling te prikkel."

“Alles wat ek is, is ek verskuldig aan ouers wat visioenêre is en wat hárd gewerk het om dinge vir ons te laat gebeur. En ek is ongelóóflik trots daarop en sal nooit daarvoor verskoning vra nie. Ek dink my opvoeding is een van die redes waarom ek selfvertroue het. Ek wéét dit is."

Terloops: sy kán ook Afrikaans praat en lees daagliks Afrikaanse koerante. Lees verder ...

Wednesday, November 2, 2011

COPE 'looks to cooperate' with DA

Anna Majavu 
THE HERALD ONLINE, 31 October 2011

THE Congress of the People wants its members to join the DA following the election last week of its first black parliamentary leader, Lindiwe Mazibuko. Read more ...

Sunday, October 30, 2011

So many questions: Lindiwe Mazibuko

Chris Barron
Times LIVE, 30 October 2011

Lindiwe Mazibuko has been elected to lead the DA in parliament. Chris Barron asked her [a few questions]:

Will your election bring young black voters to the DA?
I believe it will. But not only young black voters; young voters in general.

You've got a relatively privileged background. Will township youths identify with you?
I'm not expecting them to identify with me because they think we're the same. I'm expecting them to take pride in, and comfort from, the fact that a fellow young person is engaged in a field traditionally seen to be the preserve of a much older generation.

The ANC has suggested you don't have the authentic black experience. Can you identify with township youths?
This is an example of why you can't box people. I actually did grow up in a township, but people assume, because of my accent, that I did not.

Did you tell that to Blade Nzimande?
No, because he was implying that, in order to get your black certificate, you need to have gone through a few experiences, jumped through a few hoops. I was not going to say, 'No, Blade, I am black; look, I lived in Umlazi.' That would be buying into the notion that blackness is something that can be awarded to me by some arbiter of race. Click here to read full interview

Saturday, October 29, 2011

DA se Mazibuko het nou 'n reuse-taak voor

Dawie
DIE BURGER, 29 Oktober 2011

Politiek is nie vir sissies nie. Dit het pres. Thabo Mbeki in Polokwane agtergekom; dit het mnr. Athol Trollip, parlementêre leier van die DA, pas ook ervaar.

Hoe het Winston Churchill ook al weer gesê? “My opponente sit vóór my, my vyande ágter my” – bedoelende dat die lede van die opposisie aan die oorkant van die Laerhuis sit, en sy partygenote, wat hom met oorgawe in die rug sal steek as daar ’n kans is, fisiek agter hom in sy voorste bank.

Daar was wel ’n verskil tussen wat met Mbeki en Trollip gebeur het.

Mbeki het sý vyande in die ANC genadeloos probeer uitknikker. Dit het geboemerang, en dieselfde mense wat hy probeer plattrap het, het hóm toe vermorsel – en dit in die proses nogal met die uiterste disrespek en minagting.

Die man wat destyds as oorwinnaar uit dié mesgeveg getree het, die huidige pres. Jacob Zuma, moet nou self sy rug dophou, want ’n klomp mense het hul messe klaar geslyp en staan gereed om dit in sy rug te plant as hy nie kyk nie.

Dit wil nie sê dat die vervanging van Trollip met me. Lindiwe Mazibuko met koek en tee gedoen is nie. Die foto van ’n mismoedige Trollip op gisteroggend se voorblad by die bekendmaking van die stemming in die DA-koukus, spreek boekdele. Hy is duidelik gegaffel.

Dis die intrinsieke aard van die politiek. As jy nie sulke dinge kan verdra nie, hoort jy nie tuis in die politiek nie.

Dit sê egter veel vir Trollip dat hy sy nederlaag met grasie aanvaar het, en dat hy nog minstens die huidige termyn tot 2014 ’n bydrae as gewone LP sal lewer.

Hy sal gemis word wanneer hy afskeid neem.

Maar intussen het die DA nou ’n nuwe, vars jong leier, vroulik en swart. ’n Uiters intelligente mens, vol bruisende energie en allerlei planne om die DA te laat groei en die lewe vir die ANC so moeilik moontlik te maak. Lees verder ...

Friday, October 28, 2011

Mazibuko 'n geloofsprong vir die DA

Hoofartikel in BEELD, 28 Oktober 2010

Gister se besluit van die DA se parlementêre koukus om me. Lindiwe Mazibuko te verkies tot leier van die amptelike opposisie is ’n groot sprong vir die DA met implikasies vir die land se politiek.

Enige demokrasie benodig ’n sterk regering en ’n sterk opposisie om optimaal te funksioneer.

Om ’n opposisie te laat groei, is inspirerende leierskap nodig. Mazibuko het haar bewys in die aanloop tot die munisipale verkiesing, toe sy gesoute ANC-politici in die stof laat byt het in debatte.

Daardie vermoë sal haar goed te pas kom in die belangrikste praathuis van almal, die parlement.

Mazibuko se oorwinning kan die politieke konvensie in Suid-Afrika uitdaag. Hoewel sy in haar veldtog om die parlementêre leierskap op nie-rassigheid gefokus het, kan die feit dat sy die eerste swart leier van die opposisie in ons demokratiese parlement is nie misgekyk word nie.

Die lae vlak van landsbestuur waaraan Suid-Afrikaners onder die ANC-regering gewoond moes raak, sou in enige konvensionele demokrasie geil teelaarde vir die opposisie bied. In Suid-Afrika is dit teengewerk daardeur dat die DA relatief min swart steun trek, te min om die ANC na­sionaal uit te daag.

Mazibuko kan help om die DA se beeld te verander as ’n party wat wit belange voorop stel. Maar een swaeltjie maak nie ’n somer nie. Die DA sal baie meer geloofwaardige swart leiers moet kry.

En die belangrikste is dat die DA swart kiesers sal moet oortuig dat sý beleid en sý bestuur van die land swart kiesers meer in die sak gaan bring as die gemors wat die ANC nou van die land maak.

Dan eers kan mens verwag dat ons verkiesings nie soos rasse-tellings sal lyk waar die ANC sy swart steun as vanselfsprekend aanvaar nie.

Mazibuko kan ongetwyfeld baie vir die DA in dié verband beteken.

Haar Achilleshiel is dat sy jonk en onervare is. Sy is 31 jaar oud en haar nuwe pos is uiters taai.

Daar moenie te gou te hoë verwagtinge aan haar gestel word nie.

The Courier – Die Koerier wonder of hierdie gebeure nie die volgende fase van die proses van nasiebou in Suid-Afrika is nie; 'n politieke herskikking waarin "blanke" partye irrelevant raak en die totale bevolking verdeel in 'n hoofsaaklik linkse groepering aan die een kant en mense met meer gematigde politieke sienings aan die ander kant.

Dis 'n proses wat prof. Willie Esterhuise van die Universiteit van Stellenbosch en oudpresident F W de Klerk 'n jaar of drie gelede in die vooruitsig gestel het. De Klerk het toentertyd gemeen dat hierdie herskikking hom binne die volgende tien jaar kan voltrek.

Lees ook wat Dawie in Die Burger te sê gehad het oor die herskikking van die Suid-Afrikaanse politiek.

Thursday, October 27, 2011

Mazibuko named new DA parliamentary leader

News24, 27 October 2011

Democratic Alliance spokesperson Lindiwe Mazibuko was on Thursday elected as the party's leader in Parliament.

She defeated incumbent Athol Trollip for the post.

Mazibuko, 31, was expected to win the contest after a number of party stalwarts, including leader Helen Zille, voiced their support for her.

She was elected by the DA's 83-member caucus.

Zille also had a vote in the election.

Wednesday, October 19, 2011

W-Kaapse leier steun Mazibuko


Jan-Jan Joubert
DIE BURGER, 19 Oktober 2011

Mnr. Theuns Botha, Wes-Kaapse leier van die DA, het gister elke Wes-Kaapse DA-parlementslid versoek om volgende Donderdag hul kruisie vir me. Lindiwe Mazibuko te trek as leier van die parlementêre opposisie. Lees verder ...

Tuesday, October 18, 2011

Ses DA-LP’s van Oos-Kaap steun Trollip

Jan-Jan Joubert
DIE BURGER, 2011-10-18

Ses van die sewe DA-parlementslede uit die Oos-Kaap steun hul provinsiale leier, mnr. Athol Trollip, in sy poging om op 27 Oktober as die party se nasionale parlementêre leier herkies te word.

Die uitsondering is mnr. Donald Lee, die provinsiale onderleier, wat sy kruisie gaan trek vir die uitdager, me. Lindiwe Mazibuko.

“Sy verpersoonlik die toekoms van die DA en ons moet trots wees dat sy een van ons is. Sy is vreesloos, baie intelligent en ek het geen twyfel dat sy die ANC hard sal klap in die parlement nie,” het Lee in ’n verklaring gesê.

Die ander ses Oos-Kaapse LP’s (Trollip self, mnre. Stuart Farrow en Donald Smiles, mes. Annette Steyn, Annette Lovemore en Elza van Lingen) het by navraag bevestig hulle stem vir Trollip. Lees verder ...

Sunday, October 16, 2011

Kaap se steun vir Mazibuko gou in ope


Llewellyn Prince en Suné Kitshoff
RAPPORT, 15 Oktober 2011
Kaapse DA-bestuurslede gaan in die komende week ook hul steun openlik aan me. Lindiwe Mazibuko toesê in die party se parlementêre verkiesingstryd, het Rapport gister verneem.
Mazibuko, nasionale woordvoerder van die DA, kom oor twee weke te staan teen mnr. Athol Trollip om die pos van parlementêre leier. Trollip beklee tans dié pos.
Met meer as ’n kwart van die DA-koukuslede wat van die Wes-Kaap kom, kan dié stap ’n betekenisvolle een wees wat die skaal, tans nog baie gelyk, na Mazibuko se kant toe kan swaai.
Onder dié lede is mnre. Theuns Botha, die Wes-Kaapse DA-leier, en Anton Bredell, die DA-voorsitter in die provinsie.
Intussen is verneem verskeie DA-LP’s het “oproepe van hoës in die provinsie” ontvang om hul kruisie op ­27 Oktober vir Mazibuko te trek.
Mazibuko het reeds die steun van Kwa­Zulu-Natal (haar tuisprovinsie), Limpopo en Mpumalanga.
Trollip, ook DA-leier in die Oos-Kaap, het Vrydagmiddag aan die Kaapstadse Persklub gesê die verkiesing is een onder gelykes. Elke koukuslid sal vir hom- of haarself moet besluit en nié oor die provinsiale leiers se invloed nie. Hy het gesê hy bewonder Mazibuko, wen of verloor, en dat hy haar sal steun sou sy wen. Hy sal ook dadelik saamwerk om die koukus te verenig. Lees verder ...

Thursday, October 13, 2011

"Mazibuko should be the next leader of DA in Parliament" says De Lille

Patricia de Lille, President of the Independent Democrats and Executive Mayor of Cape Town, has endorsed Lindiwe Mazibuko MP as her preferred candidate in the Democratic Alliance (DA) Parliamentary Caucus Election, scheduled for October 27, 2011.

The text of her letter of endorsement follows below:

"Dear colleagues,

I believe that Lindiwe Mazibuko should be the next leader of the party in Parliament. The team that Lindiwe leads represents what is best about our party. The combination of Lindiwe, Dr. Wilmot James and Watty Watson is a testament to the kind of South Africa we are trying to build.

The preamble of our constitution, the dignity of which we have all fought so hard to preserve, envisions a country of individuals united in their diversity. It is a vision of a South Africa that sees the strength in each person and their pasts and combines them to fashion a new path forward.

We all come from different political backgrounds but we are together today because of a common belief in something greater. We are in the DA because of the aspiration of the people we want to be and the country we want to become.

You are faced with the opportunity to move our party forward. In so doing, we can move our country forward to that place we know it can reach. In helping our party to grow at unprecedented levels in the Local Government Elections, Lindiwe has proved herself an exceptional leader and a formidable opponent of the ANC.

I believe that she is the best person to take our party forward in Parliament. In this historic moment, she is the best person for South Africa.

Warm regards,

Patricia de Lille
President of the Independent Democrats
Executive Mayor of Cape Town"


POLITICSWEB, 13 October 2011

Dene Smuts: endorsement of Athol Trollip for Parliamentary Leader

Athol Trollip has my support because he tells any party boss who tries to take the Democratic out of the Alliance to get lost - and if I know him, would have done so in robust terms.

This election is a contest between an untested sapling from the grow-your-own- timber nursery against a tree that has shown it does not bend. It is not a transformation test for the Parliamentary caucus: there are far stronger black MPs than the candidate.

It is also not an election for a campaigning post. It is a Parliamentary election in which lawmakers will want to choose as first among equals the leader who will best allow them to serve country, conscience and the Constitution - as we have all sworn to do.

I hope any MPs who feel pressurised will remember that their vote is their secret and their salary paid by the taxpayer, not the party.

POLITICSWEB, 13 October 2011

Friday, September 30, 2011

DA moet slim dink by die kies van sy leiers

Beeld-hoofartikel, 28 September 2011

Alle oë is tans op die DA se parlementêre koukus en die interessante keuse wat die party se LP’s het tussen die kandidate wat hulle as parlementêre leier beskikbaar gestel het.

In die een hoek is mnr. Athol Trollip, wat geen groot foute begaan het in die tuig nie – die veiligheid van die bekende.

In die ander hoek is me. Lindiwe Mazibuko, ’n jong uitblinker in debatte met die ANC – die opwinding van die onbekende.

Teen Trollip kan ingebring word dat sy termyn nie deurgaans bo die middelmatige kon uitstyg nie.

Teen Mazibuko kan gelys word dat sy onervare en op 31 jaar baie jonk is vir die groot verantwoordelikheid.

Die kandidate verskil op baie maniere en oor baie dinge, maar oor een ding stem hulle saam: die keuse moet berus op meriete, nie ras nie. Hiermee is ons dit eens.

Tog kan ’n mens ook nie miskyk nie dat die DA en sy kritici besef dit is noodsaaklik dat die party geloofwaardige swart leiers kry as hy verder wil groei. En Suid-Afrika het sterk opposisiepartye nodig. Klik hier en lees verder.

Wednesday, September 28, 2011

The DA's parliamentary leadership contest

Jan-Jan Joubert, Politicsweb
7 July 2011

The Democratic Alliance (DA) is facing mid-term elections for its parliamentary leadership by October this year, and all indications are that incumbent Athol Trollip will be challenged. Whatever the outcome, the result will be important in determining the shape of South Africa's Ofiicial Opposition in the years to come. Read more ...

Why I'm standing for DA's parliamentary leadership - Lindiwe Mazibuko

Lindiwe Mazibuko
27 September 2011

On Sunday afternoon I called Athol Trollip to inform him that I intend putting myself forward as a candidate for the leadership of the DA Parliamentary caucus. I then emailed my caucus colleagues to inform them that I would be standing, and set out a framework for how I intend to take the caucus forward over the two and a half years until the 2014 General Election.

Today I am very pleased to formally announce that I have decided to stand as a candidate for the position of Parliamentary Leader in the mid-term caucus leadership elections, which are scheduled to take place on Thursday 27 October 2011 in Cape Town.

Monday, September 26, 2011

Heritage Day message from the DA

Lindiwe Mazibuko, DA National Spokesperson
23 September 2011

Tomorrow, South Africa celebrates Heritage Day – a commemoration and celebration of the cultural diversity that makes up the rich tapestry of South African society.

We have come a long way from our dark past as a nation dominated by racial and cultural intolerance and discrimination. Nevertheless, we still have a long way to go. Incidents such as the allegedly racially motivated attack on a Zambian student in Pietermaritzburg over the weekend cannot continue to take place; we must consistently fight for the creation of a truly non-racial, tolerant South Africa.

In his autobiography, former President Nelson Mandela said: “No one is born hating another person because of the colour of his skin, or his background, or his religion. People must learn to hate, and if they can learn to hate, they can be taught to love.”

Mandela’s legacy is one which teaches that our common humanity is more valuable to us than our differences. We must all take personal responsibility for advancing reconciliation, and respecting and protecting all South Africans in their racial and cultural diversity.