Tuesday, October 18, 2011

Ses DA-LP’s van Oos-Kaap steun Trollip

Jan-Jan Joubert
DIE BURGER, 2011-10-18

Ses van die sewe DA-parlementslede uit die Oos-Kaap steun hul provinsiale leier, mnr. Athol Trollip, in sy poging om op 27 Oktober as die party se nasionale parlementêre leier herkies te word.

Die uitsondering is mnr. Donald Lee, die provinsiale onderleier, wat sy kruisie gaan trek vir die uitdager, me. Lindiwe Mazibuko.

“Sy verpersoonlik die toekoms van die DA en ons moet trots wees dat sy een van ons is. Sy is vreesloos, baie intelligent en ek het geen twyfel dat sy die ANC hard sal klap in die parlement nie,” het Lee in ’n verklaring gesê.

Die ander ses Oos-Kaapse LP’s (Trollip self, mnre. Stuart Farrow en Donald Smiles, mes. Annette Steyn, Annette Lovemore en Elza van Lingen) het by navraag bevestig hulle stem vir Trollip. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment