Tuesday, October 25, 2011

Plunder en steel is nasionale tydverdrywe

Rhoda Kadalie
DIE BURGER, 25 Oktober 2011

’n Senior verslaggewer vra my onlangs: “Hoe het die ANC sy morele kompas so gou verloor?” Ek antwoord: “Dit is juis waar ons die fout maak. Die ANC het nooit ’n morele kompas gehad nie; apartheid was die vyand, en ons stryd daarteen het ons nie noodwendig moreel geregverdig nie.”

Net soos met die [voormalige] NP gaan die ANC se bewind oor mag, oor beheer van die ekonomie en oor rasseoorheersing. Hoe anders moet ons sin maak uit die ouditeur-generaal en die openbare beskermer se verslae van korrupsie van miljarde rande wat kaders verryk?

Die plunder van die staatskas vir persoonlike verryking, die diefstal van die land se minerale rykdom vir swart ekonomiese bemagtiging, en die gebruik van die tenderprosedure vir die primitiewe verwerwing van rykdom het ’n nasionale tydverdryf geword. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment