Monday, November 21, 2011

ANC-onderrok oor korrupsie hang sleg uit

Hoofartikel
Beeld, 17 November 2011

Dit sou makliker wees om die ANC en die regering se vrome woorde oor die hokslaan van korrupsie ernstig op te neem as daar sterker optrede teen korrupsie in hul eie geledere was.

Enigeen wat soms wil moed skep, hoef maar net te kyk na wat Woensdag in die parlement gebeur het om te weet korrupsie het al in so ’n mate met die ANC sinoniem geword dat die eertydse vryheidsbeweging daarvan vrot is tot by die stingel.

Dit is niks anders nie as ’n volslae skande dat die ANC-meerderheid in die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange die geledere so sterk gesluit het om die ANC-LP me. Yolanda Botha.

Die komitee het bevind sy is korrup, dat sy en haar ouditeurs skaamteloos daaroor gelieg het en dat sy geen berou getoon het nie. Tot so ver die goeie nuus.

Die slegte nuus is dat daardie vrome ANC-LP’s, wat gereeld so hoog opgee teen korrupsie, weier om haar by die polisie en ander relevante owerhede aan te kla. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment