Wednesday, November 9, 2011

R100m. vir ANC-partytjie

Maryna Louw
Die Burger, 9 November 2011

Die ANC se 100ste verjaarsdagpartytjie gaan die party minstens R100miljoen uit die sak jaag, het me. Baleka Mbete, die ANC se nasionale voorsitter, gister op ’n nuuskonferensie in Luthuli-huis hier gesê.

“Dit sal nie minder as R100miljoen kos nie. Dit is nie goedkoop nie, maar ons glo dit wat ons daardeur gaan bereik, is elke sent werd.”

Die ANC het nog nie die volle bedrag ingesamel nie, maar volgens Mbete het die party “baie vriende” wat bydraes sal lewer. Tussen 120 000 en 150 000 mense word verwag vir die eeufees wat in Januarie in Bloemfontein plaasvind. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment