Saturday, October 22, 2011

Ubuntu-windenergieprojek voorgelê

Dr. Willem Gertenbach, ‘n plaaslike ekologiese konsultant, berig soos volg: “Die omgewingsimpakstudie (EIA)  en omgewingsbestuursplan (EMP) vir die voorgestelde Ubuntu-windenergieprojek is finaal voorgelê vir goedkeuring aan die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Omgewingsake.

Daar word voorgestel dat ongeveer 40 wind-turbines op gedeeltes van die plase Zuurbron en Vlakteplaas opgerig word.   Die gebied lê net noord van die N1-hoofpad tussen Jeffreysbaai en die Gamtoosrivier.

Al die insette van die publiek is oorweeg in die uitvoering van die omgewingsimpakstudie en geen impakte is geïdentifiseer wat as ‘n beslissende faktor (fatal flaw) kan dien om die voorgestelde projek te kelder nie.

Die volledige impakstudie-verslag kan besigtig word by die Munisipale Biblioteek op Jeffreysbaai.”

 

No comments:

Post a Comment