Sunday, October 30, 2011

Sê wat pla

Die DA-koukus van die Kouga is ‘n plaaslike DA-struktuur wat bestaan uit die veertien DA-raadslede wat verkies is tydens die munisipale verkiesing van Mei 2011. 

Die koukus vergader elke Maandag. Tydens hierdie vergaderings word navrae en versoeke van die algemene publiek bespreek en oplossings aan die hand gedoen.

Onlangs het die DA-koukus van die Kouga besluit om voortaan ‘n uitgebreide koukusvergadering op die laaste Maandag van ‘n maand te hou. Die voorsitters van plaaslike DA-takke mag dié vergaderings bywoon.

Die doel van uitgebreide koukusvergaderings is om via die takvoorsitters beter kummunikasie tussen DA-lede van die Kouga en hulle verkose verteenwoordigers te bewerkstellig.

No comments:

Post a Comment