Wednesday, October 12, 2011

Paleisgeheime van die premier is pateties

Willem Pretorius
DIE BURGER, 12 Oktober 2011


Patriotiese burgers van hier­die pragtige land wat nog redes soek om vir die val van die regering te bid, moet kennis neem van die jongste poging om die omvang van die soustrein geheim te hou.

As enigiemand nog gewonder het waarom die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting niks anders as ’n rookskerm is om nog van die belastingbetaler se geld te steel nie, sal hierdie nuus miskien die oogklappe ook lig.

Konserwatief bereken het die Gautengse premier, me. Nomvula Mokonyane, se huis die belastingbetaler sedert 2004 al R25 miljoen gekos.

Die veranderings aan die huis – wat nie noodwendig verbeterings was nie – het volgens berigte meer as die huis gekos. Tog weier die staat om dit bekend te maak omdat dit “haar veiligheid sal bedreig”. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment