Saturday, October 29, 2011

DA se Mazibuko het nou 'n reuse-taak voor

Dawie
DIE BURGER, 29 Oktober 2011

Politiek is nie vir sissies nie. Dit het pres. Thabo Mbeki in Polokwane agtergekom; dit het mnr. Athol Trollip, parlementêre leier van die DA, pas ook ervaar.

Hoe het Winston Churchill ook al weer gesê? “My opponente sit vóór my, my vyande ágter my” – bedoelende dat die lede van die opposisie aan die oorkant van die Laerhuis sit, en sy partygenote, wat hom met oorgawe in die rug sal steek as daar ’n kans is, fisiek agter hom in sy voorste bank.

Daar was wel ’n verskil tussen wat met Mbeki en Trollip gebeur het.

Mbeki het sý vyande in die ANC genadeloos probeer uitknikker. Dit het geboemerang, en dieselfde mense wat hy probeer plattrap het, het hóm toe vermorsel – en dit in die proses nogal met die uiterste disrespek en minagting.

Die man wat destyds as oorwinnaar uit dié mesgeveg getree het, die huidige pres. Jacob Zuma, moet nou self sy rug dophou, want ’n klomp mense het hul messe klaar geslyp en staan gereed om dit in sy rug te plant as hy nie kyk nie.

Dit wil nie sê dat die vervanging van Trollip met me. Lindiwe Mazibuko met koek en tee gedoen is nie. Die foto van ’n mismoedige Trollip op gisteroggend se voorblad by die bekendmaking van die stemming in die DA-koukus, spreek boekdele. Hy is duidelik gegaffel.

Dis die intrinsieke aard van die politiek. As jy nie sulke dinge kan verdra nie, hoort jy nie tuis in die politiek nie.

Dit sê egter veel vir Trollip dat hy sy nederlaag met grasie aanvaar het, en dat hy nog minstens die huidige termyn tot 2014 ’n bydrae as gewone LP sal lewer.

Hy sal gemis word wanneer hy afskeid neem.

Maar intussen het die DA nou ’n nuwe, vars jong leier, vroulik en swart. ’n Uiters intelligente mens, vol bruisende energie en allerlei planne om die DA te laat groei en die lewe vir die ANC so moeilik moontlik te maak. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment