Tuesday, October 11, 2011

Politieke korrektheid is gif vir openbare debat

Rhoda Kadali

DIE BURGER, 2011-10-11


Die ANC het sedert sy bewindsaanvaarding meer instellings vernietig as opgebou. Hy het selfs van die verdienstelike instellings wat deur die apartheidsregering gevestig is, geruïneer.

Een van sy onherroeplike rampe is die SAUK, wie se hovaardige raad nie in staat is om die uitsaaier te hervorm nie. Hy sink net al hoe dieper in die slyk weg.

Die programme is skokkend middelmatig. Die nuus is partydig in die guns van die regerende party. Adj.min. Malusi Gigaba se 40ste verjaardag is pas in Top Billing uitgebasuin, en ek sidder om te dink aan die gekonkel om sy partytjie op die kassie vertoon te kry.

Dit is geen wonder nie dat die internet aan die brand is met boodskappe van mense wat weier om hul TV-lisensie te betaal uit protes teen ’n uitsaaier wat skaamteloos sy groen-geel-en-swart kleure teen die mas vasgespyker het.
Lees verder ...

No comments:

Post a Comment