Sunday, October 16, 2011

Kaap se steun vir Mazibuko gou in ope


Llewellyn Prince en Suné Kitshoff
RAPPORT, 15 Oktober 2011
Kaapse DA-bestuurslede gaan in die komende week ook hul steun openlik aan me. Lindiwe Mazibuko toesê in die party se parlementêre verkiesingstryd, het Rapport gister verneem.
Mazibuko, nasionale woordvoerder van die DA, kom oor twee weke te staan teen mnr. Athol Trollip om die pos van parlementêre leier. Trollip beklee tans dié pos.
Met meer as ’n kwart van die DA-koukuslede wat van die Wes-Kaap kom, kan dié stap ’n betekenisvolle een wees wat die skaal, tans nog baie gelyk, na Mazibuko se kant toe kan swaai.
Onder dié lede is mnre. Theuns Botha, die Wes-Kaapse DA-leier, en Anton Bredell, die DA-voorsitter in die provinsie.
Intussen is verneem verskeie DA-LP’s het “oproepe van hoës in die provinsie” ontvang om hul kruisie op ­27 Oktober vir Mazibuko te trek.
Mazibuko het reeds die steun van Kwa­Zulu-Natal (haar tuisprovinsie), Limpopo en Mpumalanga.
Trollip, ook DA-leier in die Oos-Kaap, het Vrydagmiddag aan die Kaapstadse Persklub gesê die verkiesing is een onder gelykes. Elke koukuslid sal vir hom- of haarself moet besluit en nié oor die provinsiale leiers se invloed nie. Hy het gesê hy bewonder Mazibuko, wen of verloor, en dat hy haar sal steun sou sy wen. Hy sal ook dadelik saamwerk om die koukus te verenig. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment