Sunday, October 30, 2011

Raadslid Thiart verkies tot kiesfadelingskomitee

Raadslid Henda Thiart is gister (29 Oktober 2011) op Joubertina onbestrede verkies tot die uitvoerende komitee van die Tsitsi Karoo-kiesafdelingsraad. Sy sal in die komitee na die belange van die Kouga-raadslede omsien.

Tydens dieselfde vergadering is nóg ‘n Kouga-raadslid, Danny Benson, as voorsitter van die uitvoerende komitee aangewys. Hierdie voormalige SANW-kolonel het gemaklik gewen nadat hy ‘n tweede benoemde die loef afgesteek het. Benson vervang die uittredende voorsitter, professor Chimpie Cawood. Cawood is die DA-koukusleier in die Kouga.

Die Tsitsi Karoo-kiesafdelingsraad is ‘n DA-struktuur in die Oos-Kaap wat die munisipaliteite van Kouga (Humansdorp en omgewing), Baviaans (Willowmore en omgewing) en Koukamma (Kareedouw en omgewing) insluit. Elza van Lingen LP is die kiesfadelingsleier.

No comments:

Post a Comment