Wednesday, December 7, 2011

Vandeesweek se goeie nuus

Barry Vosloo

“Die onderwysvakbond SADOU, oorweeg dit om vir die volgende tien jaar 'n moratorium op sy deelname aan stakings te plaas. Die president van SADOU, Thobile Ntola, sê die vakbond is van mening dat dit moontlik is om stakings te vermy. Die vakbond is in die verlede dikwels gekritiseer omdat hy stakings aangevoor en in die weg gestaan het van verbeterings in die stelsel.” Aldus RSG se 07:00-nuusbulletin op 7 Desember 2011.

Alle regdenkende Suid-Afrikaners sal SADOU se standpunt verwelkom. Dit is hoog tyd dat die organisasie een van die mees basiese professionele beginsels eerbiedig, naamlik om die integriteit van hulle professie en die belange van hulle leerders ondergeskik te maak aan hulle persoonlike belange.

The Courier – Die Koerier het ‘n vrugtelose internet-soektog op tou gesit om te probeer vasstel wat SADOU se standpunt in verband met standaarde van professionele gedrag is.

Hulle grondwet fokus hoofsaaklik op die ‘main aim’ t.w. ‘to eradicate all forms of discrimination in education and to strive towards a free and democratic system of education in South Africa.’

Te oordeel hieraan geniet die integriteit van die onderwysprofessie en belange van hulle leerders nie juis voorrang nie; dis nie die hoofdoelstelling nie.

Totaal oorheers deur die opgeblase retoriek van die SADOU-grondwet, verskyn die volgende doelwit - half toevallig:  ‘To encourage the development of the aesthetic aspects of the learner’s life and to help promote his or her educational, spiritual and physical development’.

No comments:

Post a Comment