Saturday, December 17, 2011

Tuis in SA, al regeer wie ook

Tim du Plessis
Die Burger, 17 Desember 2011

Toe die politieke oorgang begin het, het ouer Afrikaners soms gesê “ons begin voel soos vreemdelinge in ons eie vaderland”.

Dit het my geïrriteer. Asof jy net tuis in jou vaderland kan wees as mense wat soos jy lyk en klink, die land regeer.

Ek het nie destyds ’n vreemdeling in my vaderland gevoel nie en voel ook nie vandag so nie. Die ANC sal nie besluit waar ek tuis of ontuis voel nie.

Die “tuiste” wat hy in 17jaar van ANC-bewind geskep het, is ’n blyplek vir bittermin – net die binneste binnekring van die ANC-elite. Waar mense met die regte politieke konneksies vrypas kry om die hulpbronne van die land en die staat straffeloos te plunder. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment