Tuesday, December 13, 2011

Balju het sy oë op Kouga

Luidens berigte in Die Burger is ‘n lasbrief verlede Donderdag deur die balju aan die Kouga-munisipaliteit oorhandig.

Volgens die lasbrief sal die munisipaliteit sy nooddiensvoertuie verloor indien die skuld daarop nie vereffen word nie.

Minstens 13 voertuie is in die gedrang, waaronder twee brandweerwaens en verskeie 4 x 4-reddingsvoertuie.

Die skuldeiser is Adenco. Die eienaar van die maatskappy het glo gesê dat die munisipaliteit hom tot dusver nie gesteur het aan versoeke vir betaling nie.

Die munisipaliteit weet nie waarom Adenco nie betaal is nie.

‘n Ongeïdentifiseerde bron het aan die koerant gesê dat dit nou die besigste tyd van die jaar is wat ongelukke en bos- en veldbrande betref. Hierbenewens sal die duisende vakansiegangers wat die Kouga dié tyd van die jaar besoek, nadelig deur die gebrek aan noodvoertuie geraak word.

Die DA se koukusleier in die Kouga-raad, prof. Chimpie Cawood het gesê dat die munisipaliteit se geldelike situasie ‘haglik’ is. Hy het dit aan wanadministrasie toegeskryf.

No comments:

Post a Comment