Tuesday, December 6, 2011

Mense verander in die politiek

Rhoda Kadalie
Die Burger, 6 Desember 2011

Ek word dikwels gevra hoekom ek dit nie oorweeg om die politiek te betree nie. My reaksie is dat ek gesien het hoe die politiek te veel van my vriende vernietig. Mense wat voor 1994 heel aangenaam was, het arrogant, verwaand, eiegeregtig en narsisties geword. Politici oor die spektrum heen, met enkele uitsonderings, is ’n aaklige klomp.

Die ANC het talle mense vernietig wat vandag in ’n senior pos moes gedien het om rigting en leiding aan jong mense te gee. Pleks daarvan regeer jong, onervare, onopgeleide en onbekwame mense. En hul rolmodelle in die top-poste in die regering en die regbank was skelms.

Dié wurggreep van straffeloosheid in die heiligdom van die wetgewer moet vernietig word. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment