Thursday, September 22, 2011

Wykskomitee verkies

Wyk 3 het op 21 September sy Wykskomitee verkies ingevolge die bepalings van die Municipal Systems Act. Die komitee, wat onder die voorsitterskap van raadslid Thiart sal staan, bestaan uit die volgende persone:

Gina Davel
Annette Schubert
Rita Kruger
Willem Gertenbach
Jacques Labuscagne
Jacques du Plessis
Stian Knox
Gene Tesselaar
Barry Vosloo
André Joubert

Die Municipal Systems Act beskryf die een van die hooffunksies van wykskomitees soos volg: “To create formal unbiased communication channels as well as co-operative partnerships between the community and the council.” Dit beteken onder andere dat die wet vereis dat ons Wykskomitee in die belang van al die inwoners van Wyk 3 optree, ongeag politieke affiliasie. Die komitee moet ten minste een keer per maand vergader.

Inwoners word aangeraai om hulle navrae en probleme onder die aandag van die Wykskomitee te bring. Die komitee sal hierdie kwessies dan aan raadslid Henda Thiart oordra. Sy sal vervolgens met die munisipaliteit daaroor in gesprek tree en aan die gemeenskap terugvoering gee.

Die wykskomitee moet ook betrokke te raak by en kommentaar lewer oor formele munisipale aangeleenthede sake soos die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan, die Munisipale Begroting en munisipale dienslewering.

Wykskomiteelede ontvang nie ‘n salaris nie, maar kan vergoed word vir hulle uitgawes. Die sentrale regering verskaf gratis opleiding vir wykskomiteelede en verskaf fondse vir die uitvoering van hul pligte.

Die Jeffreysbaai Inwonersvereniging (http://www.jbayra.com/) wys daarop dat Wykskomitees nie met die hulle organisasie verwar moet word nie. Dieselfde geld vir die DA-tak van Wyk 3. Hierdie organisasies is afsonderlike entiteite. Dit is egter moontlik dat individue tegelykertyd in die bestuur van al drie kan dien.

No comments:

Post a Comment