Monday, September 26, 2011

Land ly terwyl ANC baklei

Uit: Rapport, 24 September 2011

Mnr. Gwede Mantashe se erkenning dat die regerende party inplof weens die magstryd in aanloop tot die leiersverkiesing in Mangaung is uiters slegte nuus vir die land.

Die faksiegevegte wat die regering feitlik verlam, kan kwalik op ’n slegter tyd kom, in ag genome die wêreldekonomie wat weer op die afgrond van ’n resessie staan.

Die ANC was ook in 2007 erg verdeel in aanloop tot die kongres in Polokwane waar pres. Jacob Zuma oudpres. Thabo Mbeki verslaan het, maar dit was binne ’n minder gevaarlike konteks. Lees verder ...

No comments:

Post a Comment