Friday, September 30, 2011

Die eerste 25 dae

The Courier – Die Koerier het op 5 September 2011 afgeskop en kan daarop aanspraak maak hy die afgelope 25 dae 357 besoeke, oftewel pageviews, beleef het. Suid-Afrikaners het die meeste besoeke afgelê: 286. Maar wat nogal verrassend is, is dat 30 Duitsers, 29 Amerikaners, 6 Russe, 2 Kanadese, 2 Engelse, 1 Argentyn en, les bes, 1 persoon vanaf Venezuela die blog raakgekliek het – aspris of per abuis.

Dit is verblydend dat minstens 28 persone reeds op The Courier – Die Koerier ingeskryf het. Dis nou wel slegs ‘n handjievol as ‘n mens in aanmerking neem dat Wyk 3 meer as 2000 kiesers het, maar dis darem beter as niks.

Ons hoop dat die lesertal vorentoe sal toeneem – veral as gereelde lesers hulle kennisse aanmoedig om op die blog in te skryf. Die takbestuur beoog ook om binne die volgende drie weke of wat Wyk 3-kiesers per sms te laat weet van die bestaan van The Courier – Die Koerier.

No comments:

Post a Comment