Friday, September 30, 2011

DA moet slim dink by die kies van sy leiers

Beeld-hoofartikel, 28 September 2011

Alle oë is tans op die DA se parlementêre koukus en die interessante keuse wat die party se LP’s het tussen die kandidate wat hulle as parlementêre leier beskikbaar gestel het.

In die een hoek is mnr. Athol Trollip, wat geen groot foute begaan het in die tuig nie – die veiligheid van die bekende.

In die ander hoek is me. Lindiwe Mazibuko, ’n jong uitblinker in debatte met die ANC – die opwinding van die onbekende.

Teen Trollip kan ingebring word dat sy termyn nie deurgaans bo die middelmatige kon uitstyg nie.

Teen Mazibuko kan gelys word dat sy onervare en op 31 jaar baie jonk is vir die groot verantwoordelikheid.

Die kandidate verskil op baie maniere en oor baie dinge, maar oor een ding stem hulle saam: die keuse moet berus op meriete, nie ras nie. Hiermee is ons dit eens.

Tog kan ’n mens ook nie miskyk nie dat die DA en sy kritici besef dit is noodsaaklik dat die party geloofwaardige swart leiers kry as hy verder wil groei. En Suid-Afrika het sterk opposisiepartye nodig. Klik hier en lees verder.

No comments:

Post a Comment