Sunday, April 1, 2012

Politieke pitkos

Verbeel jou ’n samelewing waar selfs ’n kind wat in die ergste armoede gebore is, ’n breinsjirurg, konsertpianis of sportheld kan word.

Ons [die Demokratiese Alliansie s'n] droom vir Suid-Afrika is van ’n oop geleentheidsamelewing waarin almal vry, veilig en gelyk is, waar almal die geleentheid het om hul lewensgehalte te verbeter en hul drome na te volg, en waarin elke taal en kultuur ewe veel respek en erkenning kry.

Dit is die droom wat ons sal toepas – die Suid-Afrikaanse droom van een nasie met een toekoms waar almal onder die grondwet in vrede, veiligheid en welvaart saamleef, met geleenthede vir en erkenning aan al die reënboogmense. Klik hier om verder te lees.

Uit: Ons visie, Federale DA

No comments:

Post a Comment