Tuesday, April 3, 2012

Munisipaliteit wil vasstel of inwoners met dienslewering tevrede is.

Barry Vosloo

Die Kouga-raad het ingevolge wetgewing aan die einde van verlede jaar goedkeuring aan die munisipaliteit verleen om maatreëls te tref ten einde vas te stel of inwoners en belastingbetalers tevrede is met die gehalte van die diens wat hulle ontvang.

Die raad het terselfdertyd ‘n vraelys goedgekeur wat vir daardie doel gebruik sou word.

Die Direktoraat: Administrasie, Monitering en Evaluering sou die peiling vanaf middel-November 2011 tot middel-Januarie 2012 van stapel stuur.

Tensy The Courier – Die Koerier siende blind en horende doof is, het die peiling nie binne die vasgestelde tyd plaasgevind nie.

No comments:

Post a Comment