Tuesday, April 10, 2012

Kouga DA-raadslid presteer in swem

Bettie Gilliomee
Die Burger, 10 April 2012

Suid-Afrika se enigste oopwater-vlinderslagswemmer, Brenton Williams (45) van Jeffreysbaai, het die afgelope twee weke nie net ‘n wêreldrekord laat spat nie, maar ook uitstekend gevaar in die moordende 8 km Bell Buoy-uitdaging by die Splashfees in Port Elizabeth.

Nou het Williams die oop stuk see tussen Robbeneiland en Drieankerbaai in Kaapstad in sy visier.

Williams, DA-raadslid van die Kouga-munisipaliteit, swem sedert hy ses jaar oud is en het hierdie seisoen vir die eerste keer vlinderslag begin swem in oopwater-kompetisies.

Volgens hom is hy die enigste Suid-Afrikaner wat dit tans doen.

No comments:

Post a Comment