Thursday, April 12, 2012

Adjunkminister waarsku teen nasionalisering

Die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge, Marius Fransman, het 'n beroep op die land se jeug gedoen om vaardighede te bekom om produktief te raak, omdat nasionalisering nie hulle ekonomiese probleme gaan oplos nie.

Fransman het gisteraand (11 April) in Khayelitsha en Mitchell's Plain skoolbeheerligame toegespreek. Hy het die sowat drie-miljoen werklose jeugdiges tussen 16- en 24-jaar gemaan om nie die waarde van vaardighede te onderskat nie. Fransman sê jongmense moenie dink hulle hoef nie werk of vaardighede te hê nie. Die land het 'n produktiewe gemeenskap nodig en daarvoor is vaardighede noodsaaklik.

Hy het gesê een of ander beleid soos nasionalisering sal nie hul probleme oplos nie.

No comments:

Post a Comment