Friday, January 13, 2012

Kouga DA wil The Courier - Die Koerier die swye oplê

Barry Vosloo

Volgens die Jeffreysbaaise bostelegraaf wend die Kouga DA desperate pogings aan om The Courier – Die Koerier die swye op te lê – vermoedelik omdat ‘n berig onlangs geplaas is wat kritiek uitspreek op hulle oënskynlike traagheid om doeltreffend met hulle kiesers te kommunikeer.

Hierdie pogings weerspieël 'n verstokte mentaliteit wat lynreg bots met die Demokratiese Alliansie se politieke beginsels. Daarin verkondig hulle dat “ons visie berus op die oortuiging dat … die regte wat in die grondwet verskans is, verdedig en bevorder moet word … “. Die grondwet verleen aan elke Suid-Afrikaner “the right to freedom of expression … ”

Ek het reeds uit protes as voorsitter van die Kouga DA Wyk 3-tak en as sekretaris van die Wyk 3-wykskomitee bedank. Ek bly egter ‘n DA-lid omdat ek my heelhartig met die DA se politieke ideale vereenselwig. 

No comments:

Post a Comment