Saturday, January 14, 2012

Benut die tegnologie

Hierdie blog en ‘n ander een wat Barry Vosloo die lig laat sien het, is twee van die belangrikste ontwikkelings van die plaaslike DA in ‘n lang tyd.  Hiermee is die pas aangegee om die tegnologie te benut om met kiesers te kommunikeer.  Weliswaar nog nie op groot skaal nie, maar dis in wording.

‘n Ander voordeel van die blog is dat dit die geleentheid tot openbare debat skep.  Die moderne politiek leen hom daartoe.  Dit bied gedagtewisseling.  Dis gesond.  Dit bied wedersydse kontak tussen die kiesers en politici.  Dis ontwikkeling.

‘n Blog van hierdie aard is niks anders nie as ‘n mini-koerant.  Laat hom toe om sy beslag te kry.  Politici, veral, behoort nie oorsensitief daaroor te wees nie.  Dit behoort ook nie ‘n beeldpoetser te wees nie.

Vosloo het vroeër geskryf:  “Ek het pas ná die verkiesing via my raadslid aangebied om DAtanet (http://www.da-jbayregion.blogspot.com/) te heraktiveer en te omskep in 'n DA-inligtingsbron vir die hele Kouga. Hulle bly my tot vandag toe nog ‘n antwoord skuldig.”

Dis jammer.  Dit was ‘n blink plan.  Dit sou die plaaslike DA aan die voorpunt geplaas het om hierdie tegnologiese instrument te benut.  Daar is reeds derduisende sulke mini-koerante.  Hul besoekerstal groei daagliks soos meer mense met die rekenaar vertroud raak.

Dit sal die plaaslike DA (en ander) loon om saam met hierdie neiging te stap.  Dit het gekom om te bly en groter te word.

‘n Stap vorentoe sal wees om Vosloo se voorstel met erns te oorweeg.  Bestuur dit; gun die redakteur sy standpunte; gun die kiesers die geleentheid om openhartig te wees.  Politici het ook ‘n verantwoordelikheid om daarop te antwoord.  Dit sal vertroue wen – in teenstelling met die huidige indruk van geheimhouding of weerhouding oor hul werksaamhede. – Japie Bosch

No comments:

Post a Comment